Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag in Woorde se tema vir hierdie week is ‘BLOU’.

Ek weet nie hoekom mense altoos ’n goor Maandag as ’n blou Maandag beskryf nie, want blou is dan so mooi kleur. Wat is dan nou mooier as die blou berge wat in die verte lê. ‘Al lê die berge nog so blou,’ het Kerkorrel gesing. Afhangend van hoe vêr dit weg is en hoe die weer lyk, wissel dit van middernag blou tot potblou tot pers-blou en grys-blou. Net soos mense wat elke dag iets anders dra, verander die berge se blou ook.

Daar is soveel blou in die natuur. Die oseaan se blou en die blou-blou hemel op ’n wolklose dag. Tog is die hemel nog blouer wanneer daar bollende watte-wit wolke in die lug swewe. Daar is egter nie baie blou blomme nie, behalwe Plumbago en Krismisrose.

Daar is so baie skole wat blou skoolklere dra. Mense praat van die polisiemag as manne en vroue in blou. En is blou oë dan nie die mooiste oë nie?

Blou word ook gekoppel aan minder mooi dinge, soos blou kolle wanneer jy seergemaak was en ’n blou oog as iemand ’n opstopper gekry het. Wanneer iemand bedruk voel praat die Engelse van die ‘blues’.

En wat van blou musiek? Dit word gewoonlik saam met Jazz gegroepeer. En wie ken dan nou nie die Blou Donau van Johann Strauss nie?

Blou edelgesteentes of halfedelgesteentes trek my soos ’n magneet. Jy kan my maklik omkoop met ’n helder blou Saffier of Tanzaniet. En as daar blou roomys te kies is, sal ek dit koop.

Hier het ons darem nou ’n wye verskeidenheid van blou onderwerpe om oor te skryf. Te kies en te keur. Of jy nou oor ’n blou steen, blom of berg wil skryf, doen dit in die genre van jou keuse. Blou-oog liefdesgedigte, blou-kol tragiese verhale of blou-lig speurverhale. Sit jou blou bril en jou blou hoed op en skryf daar vir ons iets in BLOU!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar