Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir Vandag in Woorde kom hierdie week met bybedoelings vir ’n goeie doel. Omdat ek Woestelinge leer ken het as mense en skrywers met warm harte en genade, weet ek julle sal help as dit vir ’n goeie doel is. My oog is hierdie week op die Woes-skryf-woes uitdaging en die skrywers wat wik en weeg of hulle moet deelneem of nie. Daarom is die tema vir hierdie week dan ‘BOEK’. Vir g’n ander rede as dat ons Woestelinge ’n mede-skrywer wil help om sy of haar manuskrip te voltooi nie.

Hierdie week word jy, ja jy wat nou hier lees, uitgenooi om ’n soort resensie oor ’n BOEK in die algemeen neer te pen. ’n BOEK wat ’n waardevolle indruk of ’n negatiewe invloed op jou gehad het. Gee vir ons die redes vir ieder geval.

Antwoord een van twee vrae:

Wat is dit wat jou ’n BOEK laat optel en nie weer neersit tot jy die laaste woord en punt gelees het nie?

Wat is dit omtrent ’n boek wat jou na die eerste paragraaf, bladsy of hoofstuk ’n BOEK eenkant toe laat smyt met ’n verneuk-gevoel in jou binneste?

Verder kan jy ons vertel hoe ’n buiteblad van ’n BOEK lyk wat jy dadelik sal optel. Ook hoe jy ’n BOEK in die eerste instansie beoordeel. Hoe sê die Engelse nou weer? Do you get my drift?

Ek het self al wonderlike skryf-raad hier op Woes ontvang. Gee dit asseblief ook aan al die skrywers wat hierdie uitdaging aanvaar.

Elke Woesteling is eerstens ’n skrywer en tweedens ’n leser en elkeen het ’n stukkie raad om te gee.

Asseblief tog, sal jy?

Ek maak staat op jou.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar