Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

BOME deur Kiekies

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘Bome’. Daar is twee redes vir hierdie tema. Die eerste rede is dat dit Boomplant week is in Suid-Afrika en die tweede rede is my eie beheptheid met en liefde vir bome.

Op die oomblik blom soveel bome hier om my, om in skril kleur luidkeels die koms van die lente aan te kondig. Die veld is in ’n reënboog gehul. Die Jakarandas spoeg hul pers-blou bloeisels oral op die sypaadjies en in die teerpad lê die blaartjies in ’n konfetti laag. Die Koraalbome ding driftig mee met skerp kontras van vlam-oranje. Wat ook al die kleur van hul blomme, die bome maak ’n gevoel van nuut gevonde lewe in my wakker terwyl hulle die nuwe seisoen aankondig.

Tog is daar soveel bome wat nog nie blom of blaar het om mee te spog nie, maar hulle staan hul man met gevlegte takke, verdraaide stamme of wydgestrekte arms wat koel skadu’s belowe sodra die son eers warmer brand.

Is jy lief vir bome? Watter soort boom sal jy hierdie week wil plant?

Is daar ’n boom wat een van jou grootword stories sal kan uitblaker, indien hy kon praat? Ek onthou die bloekom laning agter ons huis toe ek klein was. Daar was ons half geboude boomhuis en ons foefie-slide. Onder daai boom het ons vuurgemaak om aartappels te braai en heerlik gesmul, al was dit sonder sout.

Bome is waar ons piekniek gehou het. Waaraan die swaai van klein-tyd gehang het. Waarin ek geklouter het om ’n son-geel Oomsarelperske te pluk. Die boomstam waaragter jy weggekruip het tot dit veilig was om uit te hardloop na waar jy kon skree: ‘een-twee-drie, blok myself!’ Die peperboom waar die voerbakkie en suikerwater hang waarmee ek die wilde voëls na my tuin lok.

Wat beteken bome in jou lewe? Bome speel al ’n rol in die mens se lewe van die paradys se dae af. Ai tog, daai een boom wat ou Adam en Eva maar net nie kon weerstaan nadat Mnr. S. Lang met hulle koppe gesmokkel het nie.

Vertel ons van die spesiale bome wat in jou herinneringe geanker is. Of van die bome in jou huidige omgewing. Vertel ons in ’n gedig, rubriek, verhaal of liriek.

Ons wat lief is vir bome, wil lees van die bome waarvoor jy lief is. Skryf hierdie week ’n huldeblyk aan ’n boom. Enige boom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar