Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wat veroorsaak bygelowe? Wie dink dit uit? Sneeuwolf het voorgestel dat hierdie week se tema oor “bygelowe” moet handel en hier gaan beslis baie interessante bydraes geplaas word.

Net om julle aan die gang te sit …


10 Vreemde bygelowe:

1      ‘n Brood moet nooit onderstebo neergesit word nadat ‘n sny afgesny is nie.
2      Mens moet nooit ‘n besem saamneem wanneer jy trek nie. Koop ‘n nuwe een.
3      As die eerste skoenlapper wat jy in ‘n nuwe jaar sien wit is, gaan jou jaar voorspoedig wees.
4      ‘n Akker naby ‘n venster hou weerlig buite.
5      Moet nooit ‘n huis verlaat by ‘n ander deur as wat jy ingestap het nie.
6      ‘n Perdeskoen in jou kamer sal nagmerries weghou.
7      As jy ‘n vallende blaar op die eerste dag van herfs vang, sal jy nie verkoue kry nie.
8      Moenie ‘n spieël breek nie – dan wag 7 jaar se ongeluk.
9      As die bruidegom sy bruid se ring gedurende die huwelikseremonie laat val, is die huwelik gedoem.
10      As iemand jou ‘n mes as geskenk gee, gee hom ‘n muntstuk in ruil, anders is die vriendskap daarmee heen.



7 Meer bekende bygelowe:

1      Vrydag die 13e is ‘n ongelukkige dag
2      ‘n Appel ‘n dag hou die dokter weg
3      Moenie onder ‘n leer deurloop nie – dit bring ongeluk
4      Aan die einde van ‘n reënboog wag ‘n pot goud
5      Die grootste deel van ‘n wensbeentjie bring geluk
6      ‘n Jeukende handpalm beteken jy gaan geld kry
7      Katte het 9 lewens


Onthou asb dat die woord “Bygelowe” in jou titel moet voorkom.


Om verstom ons met jou bydraes oor bygwlowe …










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar