Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week is die tema vir Vandag in Woorde ‘DIEF’. Hier in onse mooi land is dit sekerlik die een tema waaroor ieder en elk kan gesels. Ons het al almal iets van die letterlike ‘DIEF’ beleef.

Gelukkig is daar ook ’n figuurlike en baie meer aangename betekenis vir ‘DIEF’. Soos die ‘DIEF’ wat jou hart gesteel het en al jou gedagtes en drome gekaap het. Dis die soort ‘DIEF’ wat jy hoop by jou besoek sal aflê, want vir hom gooi jy sommer al die deure en vensters van die huis van jou hart wawyd oop.

Ander betekenisse vir ‘DIEF’:
 

  • ’n Pedofiel is die ‘DIEF’ van ’n kind se onskuld
  • ’n Moordenaar is die ‘DIEF’ van ’n lewe.
  • Verslawing is die ‘DIEF’ van gesondheid.
  • Internet en Facebook is die ‘DIEF’ van ons tyd.
  • Die doef-doef skollies met hulle luide musiek is die ‘DIEF’ van ons vreedsame stilte.

Op 1 Junie het die winter soos ’n ‘DIEF’ in die nag gekom en elke greintjie en graad warmte kom steel.

Kom skinder hierdie week by ons oor elke ‘DIEF’ wat iets van jou gesteel het, hetsy aangenaam of onsmaaklik.

Ek is die ene oë om jou ‘DIEF’-bydrae te lees.

Vir almal wat alreeds koud kry, bly binne en bly warm. Vir die ander gelukkiges, wees voorbereid. Koue is op pad.

Warm-hart-maar-koue-voete Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar