Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag in Woorde bied jou hierdie week weer ’n heerlike woord-uitdaging. Die eerste vir hierdie nuwe jaar wat al sowaar die eerste maand afgehandel het en ons is pens-en-pootjies binne-in die tweede maand. Die Woestelinge, of ten minste sommige, het die vorige uitdagings soos ’n bul aan die horings gegryp en Rodeo gery. Dalk is dit tyd dat daar ’n Woord-kampioen verkies word wat die titel moet verdedig.

Omdat ons gereeld nuwe Woestelinge bykry en omdat baie van ons ouer Woestelinge nie meer so voluit onthou nie, verduidelik ek net gou weer die reëls.

Nou kyk, dit werk so:

1.      Ek gee vir jou ses woorde.
2.      Jy moet al ses woorde gebruik.
3.      Skryf in enige genre of sommer net ’n gorrel.
4.      Gee eers die ses woorde voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk in jou bydrae. (Jy onthou mos, daar is van ons wat maklik vergeet wat die woorde was.)
5.      Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vang wat vervang word.
6.      Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.

Dis dan dit. O ja en hier is die woorde:

Stoksielalleen
Reneweer
Opgekrop
Namens
Leegheid
Mymer

Nou kan jy maar laat waai! Verras ons. Verheug ons. Vang ons vas. Verlei ons. Vertel ons.

Maar moet ons nie verraai nie. Skryf soos die bui jou lei! Skryf net, asseblief tog.

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar