Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hiepiep hoera!!! En nogge piep! Die maand van feeste het aangebreek! Daarom dan hierdie week se tema vir Vandag in Woorde: ‘FEES’.

Dis die tyd van ‘FEES’ in die kantoor. Een na die ander jaar-einde partytjie. ‘n Geleentheid vir nuwe hakkies en ’n rokkie net reg vir ’n skemerkelkie. Of vir die manne, ’n nuwe hemp en das. Of wat dra mense deesdae?

Verder is daar feeste om die talle mense wat in die nuwe jaar ’n nuwe werk begin, by die ou werksplek te groet. Of die wat so gelukkig is om uit te tree of af te tree, vir hulle word daar ook ’n fees gereël en feesgevier.

Dan kom die fees vir familie, vriende en vyande op Kersdag. Die tafels kreun onder die stapels skaapboud, gestopte kalkoen, geglasuurde gesoute en gerookte varkboud versier met pynappelringe en glans kersies, beestong en braaihoender. Dan het ons nog nie eers geraak aan die berg witrys en die piramiedes braai-aartappels, die kaneel pampoen en soetpatats, die groenbone en sewe soorte slaaie nie. Die nagereg verdien ’n paragraaf op sy eie.

Dis malvapoeding en doekpoeding en brood-en-botterpoeding en tjoklit mousse en poeding vol pennies (as die fees by die ryk familie is, sal daar R5e in wees) en vla en self-ingelegde perskes en koejawels. O ja en spesiaal vir my, sagopoeding met groot klonte appelkooskonfyt en meringue bo-oor.

Ons mense laat nie op hulle wag as daar fees gehou kan word nie. Skaars ’n week later is dit nog ’n fees vir Oujaar en die volgende dag nog een, vir nuwe jaar. Ek was al by ’n Oujaar fees wat dwarsdeur aangehou het tot laatmiddag op nuwe jaar.

Sjoe, nou het ek te veel gepraat. Kom jy nou en vertel vir ons van een of ander of talle feeste wat jy beleef het. In die genre van jou keuse. Ek sit nou agteroor en wag vir jou bydrae.

Las tog seblief die woord ‘FEES’ by jou titel aan.
In afwagting van ’n fees van skryfsels,

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar