Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week is ‘FIEMIES’.                Deur Kiekies

As ek oor fiemies skryf, praat ek uit ondervinding, want dis nou een siekte wat ek in ’n ernstige graad gehad het. Gelukkig het ek die meeste van die simptome afgeskud en daar is net nog ’n paar letsels oor wat ek hoop ook mettertyd sal verdwyn. Gouer, eerder as later, hoop ek.

Die woordeboek beskryf ‘fiemies’ as: grille, nukke, giere en streke. Nou hoop en bid ek net dat daar ’n paar eerlike Woesters is wat vir ons van hulle fiemies sal vertel. Of as jy dan nie so iets het nie, van iemand ander se fiemies.

Fiemies het baie hoede. Een daarvan is roetine. Ek haat roetine, maar asseblief tog, moet net nie myne versteur. Nee wat, dis een wat ek afgeskud het. Hier in Afrika sal vaste roetine my in ’n gestig laat beland. Niks loop eens soos daar gister beplan was nie, want vandag het jy dalk nie water of elektrisiteit of internet nie. Daarom het ek die teenoorgestelde hoed nou op my kapstok. Die hoed van aanpasbaarheid. Behalwe as dit kom by die roetine waarmee ek my kos eet. Van ’n kant af en een dis op ’n slag. Watter hoed dra jy?
’n Ander hoed is selfsug. En tot ek dit afgeskud het, het ek my selfsug gesien as reg. Reg dink, reg doen en reg praat, want wat vir my reg was, was universeel reg. Almal anders was verkeerd. Ken jy dalk so mens? Is jy so?

Nog ’n stuk fiemies kom saam met my reguit oog. Daarvan kon ek nog nie ontslae raak nie. As ek by jou gaan kuier en daar hang ’n skildery net effentjies skeef, sal ek nie hoor wat jy vir my sê tot ek dit eers reguit gemaak het nie. Dis vreeslik. As ek by vreemde mense is, dink ek allerhande planne uit om dit skelmpies by te kom. Dieselfde met boeke in ’n rak. Of gordyne met oneweredige plooie. Of die stoele wat ongebalanseerd onder die tafel ingestoot is. Het jy sulke giere wat jy bereid is om met ons te deel. Of leef jy saam met iemand wat sulke obsessies het?

Koffie bestel in ’n restaurant, ontbloot ook ’n hele pot vol van my fiemies. En spieëls of ruite met merke op. Die manier waarop die messegoed in die rakkie lê. Nee wag, ek het nou genoeg uitgeblaker. Dis nou jou beurt. Vertel vir ons alles. Gorrel dit, dig dit of sing dit. Skryf ’n verhaal, artikel of rubriek. Moet asseblief tog nie dat ek al een is wat geheime verklap nie. Jou geheime of jou eggenoot s’n. Of ’n kind of ’n vriend s’n. Vertel net.

Onthou asseblief om die woord "fiemies" in jou titel te gebruik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar