Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      Ek kry sommer sulke kielie-kriewels in my maag, want ek onthou die wonderlike en verbeeldingryke bydraes wat ons by die vorige foto uitdaging ontvang het en ek verwag meer en beter. Ek kan nie wag vir dit wat ons hierdie keer gaan sien nie! Ek weet nie of iemand dit ooit vir julle sê nie, maar hoor vandag wat Kiekies vir julle sê: ‘As jy goed is, is jy goed! En julle mede Woestelinge IS GOED!’ Ek is geëerd om in julle geselskap te wees. Daar het die wonderlikste oorspronklike skryfsels opgeduik!
     
      Vir diegene wat nie deelgeneem het nie of nie die bydraes gelees het nie, aijajai, jy het baie gemis! Maar moenie komkommer nie, hier is nou nog ’n kans.
     
      Komaan, neem deel, dis ’n wonderlike ervaring.
     
      Laat ek net weer verduidelik. Hierby aangeheg is ’n foto. Ek gaan jou niks vertel van hierdie foto nie. Jy bekyk hom, draai jou kop bietjie die kant toe en dan weer bietjie daai kant toe en dan wag jy. Wag dat die foto vir jou ’n storie vertel. En dan.....dan skryf jy vir ons ’n bydrae tot hierdie tema. Dalk is dit ’n gedig. Dalk ’n kortverhaal. Dalk is dit die lirieke van ’n liedjie wat eendag van ’n verhoog af aan duisende gesing sal word. Miskien broei daar ’n artikel of selfs ’n rubriek uit. ’n Gorrel is glad nie onmoontlik nie.
     
      Maak net seker jy las asseblief ‘Foto 2’ by jou titel, sodat lesers dadelik kan sien jy neem deel aan hierdie uitdaging. Ek is baie opgewonde en haastig om te lees watter stories hierdie foto, aan ons skrywers vertel het!
     
      Merke....gereed....SKRYF!
     
      Bos-groetnis
      Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar