Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vorige foto uitdagings het die Woesters se verbeelding aan die brand laat slaan en daar het sulke wonderlike bydraes van gekom, dat ek dink dis hoog tyd om die volgende foto vry te stel. Ek kan nie wag vir dit wat ons hierdie keer gaan sien nie!

Vir diegene wat nog nooit deelgeneem het nie, agge nee man, wat makeer vir jou? Maar moenie komkommer nie, hier is nou nog ’n kans. Komaan, neem deel, dis ’n wonderlike ervaring.

Laat ek net weer verduidelik. Hierby aangeheg is ’n foto. Ek gaan jou niks vertel van hierdie foto nie. Jy bekyk hom, bedink hom en maak jou oë toe. Dit wat jy daar agter jou ooglede sien, dis waaroor jy skryf. Dalk is dit ’n gedig. Dalk ’n kortverhaal. Dalk is dit die lirieke van ’n liedjie wat eendag van ’n verhoog af aan duisende gesing sal word. Miskien sien jy ’n artikel of selfs ’n rubriek. ’n Gorrel is ook welkom. Enige iets!

Maak seker jy las asseblief ‘Foto 3’ by jou titel, sodat lesers dadelik kan sien jy neem deel aan hierdie uitdaging. Nou kan ek nie meer wag om te sien watter idees en gedagtes hierdie foto by ons skrywers wakker gemaak het nie!

Merke....gereed....SKRYF!

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar