Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja-nee, dis weer tyd vir ’n lekker foto-woord-uitdaging as tema vir hierdie week se ‘Vandag in Woorde’! So saam met die Oktober nuusbrief, vier ons dan hierdie week aarbeiseisoen.

Ek self kan nie wag om in die Kaap te kom om my eie vars aarbeie te gaan pluk, doer by die Mooi Berge aarbei-plaas met die veelkleurige voëlverskrikkers net buite Somerset-Wes, nie.

Bekyk hierdie foto en luister wat sê jou verbeelding vir jou.

Is dit iets oor die rooi kleur wat jou gedagtes op galop sit?

Is dit die vrugte?

Is dit gesonde kos?

Aarbeie, laat my onmiddellik aan Wimbledon en tennis dink. Dit laat my weer aan vakansie in Europa dink. Dit laat my aan ’n vliegtuigrit dink. En so hol my kop weg met allerhande idees.

Aarbeie is ook sensuele vruggies. Saam met room of sjokolade. Hmmm nou kan ek nie eers vertel waar my gedagtes heen hol nie, maar as ek nou ’n leidraad moet gee, sal ek sê: stomend. Dit op sigselwers kan weer iets te doen hê met enige iets van ’n Sauna tot ’n stoompot en alles tussen-in.

Nee wag, kyk jy maar self en skryf vir ons ’n lekker aarbei – gedig, rubriek, kortverhaal, artikel of liriek. Stomend, of yskoud met roomys.

Onthou tog om ‘Foto 5’ by jou titel aan te haak.

Nou ja, dan groet ek sodat jy aan’t skryf kan kom.

Hierdie is my heel laaste bos-groetnis,

Mooi loop en lekker skryf.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar