Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gedink dis hoeka al lankal weer tyd om ’n foto uitdaging as tema vir Vandag in Woorde te hê. Ons Woes-skrywers is juis so talentvol, kreatief en oorspronklik met hulle bydraes.

Ek verduidelik net weer hoe dit werk:

Jy skakel jou verbeelding aan en dan bekyk jy die foto. Dalk help dit om jou kop so bietjie die kant toe en dan weer daai kant toe te draai. Dink buite die boks. Wat ook al in jou gedagtes nadese afspeel, dit skryf jy vir ons in ’n gedig, kortverhaal, rubriek, artikel, gorrel of liriek.

Sodat almal wat lees kan sien jy neem deel aan hierdie uitdaging, las asseblief ‘Foto 6’ by jou titel aan.

Ek is baie nuuskierig om te sien waarmee kom die Woestelinge hierdie week vorendag!

Tot volgende week, lekker droom en lekker skryf.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar