Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week van Vandag in Woorde is weer ’n foto. Ek glo dat hierdie foto ’n verskeidenheid gedagtes by elke skrywer kan wakker maak. Stories van gister, vandag en môre. Waar jy al gestap het, nou loop, of môre graag wil stap. Nee wag ek het nou genoeg gesê.

Ek verduidelik net weer hoe dit werk:

Laat val die teuels van jou verbeelding om vry te galop terwyl jy die foto bestudeer. Luister na jou gedagtes. In vandag se foto is daar nie veel te sien nie, maar heelwat om te hoor. Dit wat jou gedagtes uitspreek, skryf jy vir ons in ’n gedig, kortverhaal, rubriek, artikel, gorrel of liriek.

Ek sien uit na alles waarmee al die talentvolle skrywers van Woes hierdie week sal opdis!

Tot volgende week, raak stil, luister fyn en lekker skryf.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar