Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir hierdie week se Vandag-in-Woorde is GAT. Ek het verlede week besef hoeveel konnotasies GAT aan verskeie woorde gee. Ek wil jou nou nie ’n GAT in die kop praat nie, maar oorweeg die volgende:

’n GAT-slag is ’n gebeurtenis wat sommer ’n GAT uit jou hart geruk het.

GAT–oor-kop is ’n goeie verduideliking vir bollemakiesie slaan.

Onthou jy ook:

Daar’s ’n GAT in die grond en die groen gras groei daarom.

Of: GAT jy môre dorp toe, sien jy ’n giraffe

Kolletjies op sy voorkop en kolletjies op sy GAT jy môre ......

’n GAT-like idee kom van die verkeerde end van jou lyf af.

Het jy ook vriende of kennisse wat hulle soos GAT-goggas of GAT-vlieë gedra.

As ek maats huis toe gelok het, het ma gesê: ‘die kind moet alewig ’n GAT-lakei saamsleep!’

Sy het ook ’n leer plak gehad by name ‘GAT-BRAND’.

Die ou wat sukkel om te spaar, se geld brand mos ’n GAT in sy sak.

Stop jou kers-bonus darem ook ’n GAT of twee toe?

Die ou wat ’n saak verkeerd aanpak, doen dit GAT-kant voor.

Daar is mense wat uit die as-GAT van die lewe gekruip het.

Enige iets wat goedkoop is, kan jy sommer uit jou GAT-sak betaal.

Daar is omtrent nie ’n pad in ons land sonder ’n pot-GAT nie.

Die petrolprys maak ’n groot GAT in enige begroting.

As jy nalaat om ’n gaatjie wat lek heel te maak, word dit ’n GAT.

Dis die GAT in jou tand wat vir ons ’n Tandarts storie sal voorsien.
Het jy al ’n regte egte sink-GAT gesien?


Al wat jy nou moet doen?

GAT slat daai sleutels op jou toetsbord en bou vir ons ’n GAT-skryfsel.

Ek gat nou maar eers die pad vat.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar