Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geld                  deur Kiekies

Geld wat stom is maak reg wat krom is.
Geld is nie belangrik nie, maar dit is darem hoog op die lys, saam met die suurstof wat ek inasem.
Geld koop niks wat regtig waarde het nie.
Geld koop nie geluk nie, maar ek is eerder ongelukkig in ’n BMW as op ’n baaisiekel.
Sonder geld sal ek nêrens kom en niks bereik nie.
Is al hierdie stellings die waarheid?

Wiki sê: geld is enige voorwerp wat aanvaar sal word as betaling vir goedere of dienste gelewer. Is dit al? Of is geld ook ’n wapen van massa vernietiging? ’n Middel tot omkopery en bedrog? Iets waarmee die stem van ’n gewete stom gemaak word?

Sal dit nie beter wees as ons maar weer terug gaan na die ruil skema van ouds nie? Ek bring my boerpampoen en kannetjie bokmelk om te ruil vir jou half dosyn eiers en ’n vars gebakte brood. Oor en uit, g’n rowery of verneuk nie.
Geld veroorsaak dat mense uitmekaarspat, huwelike opbreek, kwaai vriendskappe vir ewig gesmee word en familie mekaar inloop . Daar word mos gesê:

‘Wanneer armoede by die voordeur instap, hardloop liefde by die agterdeur uit.’

Is daar dan niks goed te verkondig oor geld nie?

Is dit nie met geld dat ek vir my kinders se studies betaal het nie?

Help geld dan nie om die honger mense te voed en dakloses te herberg nie?

Is dit nie met geld wat die evangelie verkondig raak nie?

Ek weet sowaar nie. Kom vertel jy vir ons alles wat ons moet weet oor geld.

Wat sou jy gedoen het as jy nie moes werk om geld te verdien nie? Hoe belangrik is geld in jou lewe?

Skryf daar ’n gedig, liriek, verhaal of rubriek. Oor die klank en kleur, stank en geur van geld. Jy sal nou wel nie betaling ontvang nie, maar wel die waardering van jou Woes-vriende.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar