Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir Vandag in Woorde is GELUIDE. Vandag vra ek jou om jou oë toe te maak, sodat jy sig uitsny en gehoor die leidende sintuig sal wees.

Eerstens sal jy bewus raak van GELUIDE waarvan jy salig onbewus was. Die buurman se rantsnyer. ’n Hond wat onder in die straat kef-kef. Die gedreun van die swembadpomp. En dan skeur die geluid van ’n knaap wat sy 50cc motorfietsie voluit oopmaak verby my hek, my gehoor in flarde. Dan, later, wanneer alles skielik ophou raas, die GELUID van stilte.

Dis egter maar net die GELUIDE wat elke gewone dag om jou ore hang, maar daar is GELUIDE wat jy slegs in jou gedagtes hoor en niemand anders neem dit waar nie. Die GELUIDE wat jou herinneringe van vervloë tye wakker maak. Soms goeie herinneringe en soms sleg.

Die GELUIDE van branders wat teen rotse klots voor dit saggies op die strand uitrol. Dalk onthou jy ’n wonderlike eiland vakansie, terwyl iemand anders onthou van ’n noue ontkoming toe die strome hom die dieptes ingesuig het.

Die GELUIDE uit die kombuis herinner een ou aan ma se tuisgebakte beskuit en ’n ander ou aan die verfoeilike skottelgoed wat elke aand gewas moes word.

Die GELUIDE van ’n klein babatjie wat huil, sal iemand herinner aan daai verwondering met die eerste baba of kleinkind se geboorte. Vir my gee dit ’n knop op die krop van my maag by herinnering aan vele slaaplose nagte.

Is jou oë nou toe? Watse GELUIDE hoor jy in jou ore of in jou gedagtes?

Maak oop jou oë en skryf! Vertel ons van die GELUIDE en jou herinneringe. Of maak vir ons ’n heerlike GELUIDE-storie op. Ons wag rondtrap-ongeduldig vir jou bydrae.

Boland-groetnis
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar