Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Goeie dag aan al die Woes-telinge, Woes-ters en Woes-taards of Woes-tyne.

Hierdie week se tema vir Vandag In Woorde is ‘GEVAAR’. Iets waaraan ons Suid-Afrikaners al so gewoond geraak het dat ons nie eers meer in ons pasoppens is nie. Wat my egter na hierdie tema gelok het, is die feit dat ons so konfoes raak deur almal wat ons teen een of ander gevaar wil waarsku. Lieven loven, geen mens weet meer wat reg of verkeerd is nie. Of iets nou rêrig gevaarlik is, al dan nie.

Een ou sê olyfolie. Dis die ding om te gebruik. Drink dit, eet dit in jou slaai, maak jou kos daarin gaar, bad daarin, smeer dit aan jou hande, jou naels en sommer ook daai skurwe hakke.

Nee, oe nee, asseblief tog nee, sê die volgende ou. Dis gevaarlik as jy dit verhit. Moenie dit doen nie.

Iemand anders sê weer eiers is gevaarlik. Dis vol cholesterol! Moenie meer as drie eiers ’n week eet nie. Asseblief moenie.

Nee, sê iemand anders, dis net die geel wat gevaarlik is. Gooi weg die geel en eet soveel witte as wat jy in jou liggaam kan kry.

Daar kom Tim Noakes en hy sê eet eiers. Môre, middag en aand. Dit sal g’n niks aan jou cholesterol verhoog nie, maar koolhidrate en suiker.....daar lê die groot gevaar. Hoe meer jy eet hoe groter die gevaar én die heupe!

Nou net, terwyl ek hier sit en skryf se Amoré op RSG, die wêreld raak al hoe meer gevaarlik. Gevare soos onveilige plekke waar jou kinders kuier. Gee vir jou kind ’n selfoon, dan kan jy hom opspoor. Onmiddellik onthou ek ’n artikel oor selfoon verslawing. Gevaarlike ding daai. Veroorsaak glo ook sielkundige afwykings en siektes.

Wat is nou die grootste gevaar?

Daar is die gevaar van aardverwarming. Die groot swart gat in die atmosfeer hou groot gevaar in.

’n Bietjie kennis is ’n gevaar, maar te veel kennis is ook gevaarlik.

Te veel mag is gevaarlik. Dalk is te veel geld ook gevaarlik.

Te veel selfvertroue is gevaarlik. Te min ook.

Te veel werk is gevaarlik. Te min werk hou ’n gevaar in vir jou bankbalans.

Dit wil mos voorkom of alles wat ‘te’ is, gevaarlik is, behalwe te voet en te perd.

Kom dis hierdie week vir ons ’n GEVAAR op in jou kortverhaal, gorrel, gedig, rubriek, artikel of liriek. Hoe gevaarlik kan dit nou wees om van GEVAAR te skryf?

Tot volgende keer.

Gevaarlike bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar