Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is GEWOONTES.

Definisie:
Die manier waarop ’n mens altyd iets doen.
Iets wat deur herhaling ’n gebruik geword het.

Sinonieme:
Aanwendsel, tradisie, gebruike.

Ons mense is en bly maar gediertes met vreemde en aanhoudende gewoontes. Soms goeie gewoontes en soms slegte gewoontes. Sommige gewoontes erg irriterend. Wetenskaplikes beweer dat enige aksie wat ek herhalend, vir een en twintig dae uitvoer, of net so lank weerhou om te doen, raak ’n aangeleerde gewoonte of ’n verbreekte gewoonte. Ou gewoontes wat mens lankal afgeleer het, bekruip en bespring jou egter soms uit die bloute en sonder dat jy dit verwag. Ek het lankal opgehou rook en as sekere omstandighede weer opduik, soek-soek my hand na ’n gif-pyltjie en wapper my longe van die lus. So moet mens dus voortdurend wilskrag toepas.

 ’n Gewoonte raak tweede natuur. Dis iets wat ons al so dikwels gedoen het dat dit 'n natuurlike deel van ons daaglikse funksionering geword het. As die gewoonte afkeur wek of sleg vir ons gesondheid is, of eenvoudig onaangenaam of aanstootlik is, word dit as 'n slegte gewoonte beskryf. Meeste van ons het ten minste een slegte gewoonte wat ons bitter graag wil breek, maar verandering is harde werk - en daar is geen maklike manier om so 'n gewoonte te bowe te kom nie.

Ek noem net ’n paar aanwendsels wat irriterend of aanstootlik vir ander mense kan wees, of waarmee jy jouself frustreer:

-      Naelbytery
-      Aanhoudende tik van ’n voet.
-      ’n Voet wat heeltyd swaai terwyl jy sit, of ’n knie wat wip.
-      Iemand wat oor en oor deur sy of haar hare vryf.
-      Sommige dames krul ’n haar sliert om haar vinger soos ’n lokkie.
-      Kougom borrels laat bars.
-      Iemand wat sy drinkgoed of sop slurp.
-      Mens kry mos mense wat onophoudelik dieselfde deuntjie fluit of neurie.
-      Iemand wat in ’n ‘ekskuus ek lewe’ houding, heeltyd om verskoning vra.
-      ’n Persoon wat kort-kort op sy horlosie kyk.
-      ’n Ou wat alewig almal op die rug klap, wanneer hy iets wil sê.
-      Heel tyd besig wees om boodskappe op die selfoon te lees en te antwoord.
-      Uitermatige handgebare tydens gesprekvoering.
-      As iemand na elke sin dieselfde insetsel herhaal.

Ag, man ek dink mens kan ’n hele dik boek oor hierdie onderwerp skryf. Dan het ek nog nie eers aan kulturele gewoontes geraak nie. Of gewoontes wat eie is aan sekere rasse, taalgroepe, streke van ons land, verskillende lande, mans, vrouens, jongmense, kinders, ou mense en aan en aan en aan. Nee, mens kan ’n hele reeks boeke skryf oor gewoontes en aanwensels.

Terwyl daar dan so baie daaroor te sê is, het jy mos g’n rede om nie ook ’n bydrae van enige lengte te lewer nie. Vertel ons van eienaardige gewoontes wat jy al opgemerk het of dalk sommer self aangeleer het. Toe man, ek daag jou uit. Of as jy verkies, vra ek mooi. Kom wees ’n ‘sport’ en deel met ons.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Skree van Stilte

    deur Alex Fan Moniz

    37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar