Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe onderwerk vir hierdie week se Vandag in Woorde, is ‘GLO’. Hierdie onderwerp is so wyd soos die Heer se genade. Daar is ’n spreekwoord wat se : dit wat jy glo is jou eie werklikheid. Daarom dus is wat ek en jy glo nie noodwendig iets wat iemand anders glo nie.

Daar is mense wat jy sonder twyfel kan glo, want hulle self glo in die waarheid. Dan is daar ander wat nie meer weet waar die waarheid ophou en die leuens begin nie. Dis daai ouens se stories wat jy met ’n knippie sout moet vat. Hulle lieg so baie en so aanhoudend, hulle glo hulle eie liegstories. Ken jy so iemand of dalk sommer net ek lekker oorvertel lieg-storie. Deel dit met ons.

Dan is daar ’n klein kindjie se glo. Jy kan hom enige iets vertel. As hy dit in sy verbeelding kan sie, sal hy jou glo. Wonderbaarlik glo hulle baie makliker die mooi en goeie stories. Ek verlang so terug na die dae dat ek vir my kinders vertel het hoë die tandmuis ook stukkende tandjies opkap vir deurknoppe en handvatseltjies. Ek kan maar netsowel erken: hoe meer ek vertel het hoë meer het ek dit naderhand self geglo.

Die feit van die saak is dat almal in iets glo al is dit: ‘ek glo nie’. Daar is agterdogtiges wat eers glo as hy sien. Oë, en wat van die bygelowiges. Die leer, ’n swart kat, ’n kind wat deur sy bene loer, ’n uil op die dak, iemand met smal lippe, iemand met skrefies oë en aan en aan.

Hierdie week nooi ek jou uit: Vertel ons alles. Dit wat jy glo of nooit sal glo nie. Dit wat iemand in jou gesin of vriendekring glo. Hoe mens iemand oortuig om jou te glo. Wie mens nooit ooit moet glo nie. Die vreemde bygelowe waarvan jy al gehoor het.

Glo my, ons wil alles hoor! Onthou om ‘glo’ by jou titel te las.

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar