Goud is:
- Die hoogste toekenning wat ’n Olimpiese atleet kan ontvang vir enige item waaraan hy of sy sal deelneem.
- Die kleur van die oggendstond wanneer die eerste strale oor die oosterkim verskyn.
- Die kleur van die sonsondergang wanneer die laaste strale oor die westerkim verdwyn.
- Die kleur van stroop-slierte en heuningdruppels.
- Die glinstering in ’n blonde kind se hare wat op die strand of in die park speel.
- Die metaal waarvan die pant gemaak is wat twee lewensmaats in die eg verbind.
- Die rede hoekom hordes in ’n stormloop na Pelgrimsrus gestroom het.
- Die rede hoekom werkers tot vandag toe nog soveel as 4 km die donker warm aarde inkruip om hulle daaglikse brood te verdien.
- Die metaal waarmee die Arabiere hulle moskees se pilare en mure bedek.
- Selfs eetbaar as versiering op fyngebak.
- Die kleur van varsgebakte soetkoekies, brood en beskuit, pas uit die oond.
Wanneer ek aan gesegdes dink, onthou ek:
Al dra ’n aap ’n goue ring, bly hy steeds ’n lelike ding.
Onthou asseblief om die woord “goud” in jou titel te gebruik en gaan vir GOUD!
Lees ander Woes-nuus artikel deur Kreatiewe bestuurder
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur BennyB
Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!