Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Grense deur Kiekies

Die nuwe tema vir Vandag in Woorde is ‘GRENSE’.

Dis seker omdat ek onlangs weer heen en weer oor ons land se grense geswerf het, dat hierdie tema nes geskrop het in my gedagtes. In die lewe is daar soveel grense wat soms van belang is en soms heeltemal onbelangrik is. Soms letterlik en soms net figuurlik is. Soms nodig is om opgerig te raak en soms nodig is om met geweld af te breek. Soms is dit ’n hele avontuur om ’n grens oor te steek en soms baie gevaarlik. Grense beskerm jou teen ander mense, maar grense beskerm ook ander mense teen jou. Grense beteken skeiding. Grense beteken ook soms eensaamheid. Of ingeperktheid.

Twee van die belangrikste grense in die lewe is die grens tussen gister en vandag. En die grens tussen vandag en môre. Daai grense moet ’n mens nie onnodig of nuuskierig probeer oorsteek nie. Bly tussen die twee, want dis die enigste werklikheid. Dis maar net my beskeie mening en ondervinding.

Wat van die grense wat ek en jy behoort op te rig? Om jouself te beskerm teen mense en dinge wat jou andersins skade sal aanrig of misbruik. Grense wat sal bepaal dat ‘nee’ ’n volledige antwoord is en helemaal toelaatbaar is om te gebruik. Hoe dink jy?

Is daar grense tussen ouers en kinders? Tussen generasies? Tussen kulture? Tussen rasse? Behoort daar grense te wees?

Dit bly darem lekker om daai fisiese landsgrense oor te steek om nuwe weivelde te gaan soek en avonture te beleef. Behalwe natuurlik as jy voortvlugtig is of deur omstandighede gedwing word. Vertel ons van jou avontuurlike grens oor-stekery. Of hoe jy gedwing was. Vertel gerus ook van die keer dat jy voortvlugtig was. Of dalk nog steeds is! Ons sal vir niemand vertel nie.

Ek kan nie help om te dink aan ons soldate wat ons land se grense moes bewaak nie. Doer in die jare sewentig, as ek reg onthou. Daar moet honderde stories daarvan wees om te vertel, of hoe?

Terwyl jy nou daaroor dink, dink sonder grense en lê dit vas in letters, woorde en sinne. In ’n gedig, verhaal of liriek. Gorrelstuk of rubriek.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar