Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Omdat ons so pas HALF-pad deur 2015 is, het ek gedink dis ’n goeie idee om hierdie week se tema vir Vandag in Woorde ‘HALF’ te maak. Verbasend is daar nogal ’n hele paar Afrikaanse gesegdes en spreekwoorde wat van HALF praat, o.a.
Liewer ’n halwe eier as ’n leë dop.

Is jou glas HALF-vol of HALF-leeg?

Pa het altoos gesê: ‘My kjint as jy ’n ding HALF wil doen, moet liewer nie eers begint nie.’

HALF-pad is nog lank nie al die pad nie.

Ek het so bietjie gaan Googloer vir die definisie van HALF en dit beteken: twee gelyke gedeeltes van een hele.

Ons praat ook van die HALF-maantjies op ons vingernaels.

Wanneer ek benoud raak sal ek praat van HALF bang. So ook praat ons van HALF onseker, HALF gefrustreerd, HALF bedremmeld, HALF-gaar of HALF-rou.

Wat van HALF-broer of –suster.

En HALF-eindrondte vir die Super 15 en Half-jaarlikse verslae in ’n besigheid
HALF laat my ook dink aan regverdig. As ek my sjokolade met jou deel, dan gee ek mos vir jou ’n gelyke helfte daarvan. So is dit ook in ’n huwelik wat gesluit is met die oog op gemeenskaplike eiendom. Sou dit verbrokkel word alles HALF-HALF gedeel.

Daar is mos mense wat altyd vir ’n halwe koppie of bekertjie vra as mens tee of koffie aanbied. Ma het so regte egte HALF-koppie gehad. Ek is so spyt ek het hom nie maar vir my gevat nie. Sal darem graag ’n ou se reaksie wil aanskou as ek so halwe koppie op die skinkbord sit.

Vir almal wat meer as ’n HALF-eeu oud is, dink ek die kans is goed dat jy al meer as die helfte van jou lewe agter die rug het. Dis geen rede om nou HALF-hartseer te word nie. Nee, leef net dit wat oorbly voluit en weet jy is meer werd as enige HALF-edelsteen!

Kom gee vir ons hierdie week ’n volle storie in jou geliefde genre van al die dinge wat HALF is of HALF gebly het in jou lewe. Of leer ons hoe om eerder ’n glas HALF-vol as HALF-leeg te sien. Moet dit seblief nou nie net HALF-pad of HALF-hartig doen nie. Jy het darem nie net ’n HALF-uur daarvoor nie. Maak dit klaar en publiseer hier op ons werf sodat ons dit kan lees en geniet.

Uit ’n HALF-koel Boland, grot ek met ’n warm hart!
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar