Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Goeie môre. HOE gaan dit met jou?

Hierdie week is die nuwe tema vir Vandag in Woorde, ’n kort en kragtige ‘HOE’. Ja man, en jy mag maar dink: ‘HOE-HOE sê die uil’. . . en selfs daaroor skryf as jy wil.

Ek het net besef die hele lewe gaan oor een of ander HOE. Kyk nou maar hier op Woes:

HOE skryf mens ’n gedig?
HOE hou ek my leser se aandag?
HOE publiseer ek ’n boek of bundel?
HOE weet ek my skryfwerk is aanvaarbaar, wat nog te sê goed?

Daar is ook ’n hele rits HOE-vrae in die alledaagse lewe:
HOE neem ek wyse besluite en HOE bly ek daarby?
HOE weet mens dis die regte man of vrou vir jou?
HOE weet mens jou huwelik is op die rotse?
HOE stap jy weg of HOE beur jy voort?

En HOE is nie slegs op my lewe van toepassing nie, maar ook op die mense om my:

Ek wonder altyd HOE kry mense die of daai reg? HOE kan hulle alles bekostig wat hulle het? HOE het hulle gekom waar hulle is? HOE word sommige mense so positief oud, terwyl ander altoos oor alles kla? Al raak dit later nodig om te vra: ‘HOE SÊ?’

Dis nou genoeg HOE-vrae vir eers! Sou jy die antwoord op enige vraag hê, skryf seblief vir ons daaroor. Dis moontlik in ’n gedig, rubriek, kortverhaal, artikel of liriek. Ek is heeltemal seker ek is nie al een wat hierdie vrae vra en antwoorde soek nie. Ek stel my selfs ’n komiese HOE-bydrae voor uit die pen en verbeelding van ’n paar van ons begaafde skrywers. Of HOE dink ek dan nou?

Sit jy nou daar en vra: ‘HOEkom sal ek dit wou doen?’ dan antwoord ek:
‘Want jy kan! HOEkom dan nie?’

Ek gaan nou nie HOEkom nie, maar straat-af. Tot volgende week.

’n Koue, winderige en bewolkte Boland-groetnis,
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar