Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie tyd van die jaar wil al wat ongetroud is, mos trou. En trou is nie perde koop nie. Al wat ’n venue is, is vol bespreek en in elke winkel wat huisgoed verkoop is daar ritse registers vir die trougeskenke wat verwag word deur die paartjie wat voornemend is om in die ‘HUWELIK’ te tree. Nou toe, daar is dit nou uit. Die Vandag in Woorde tema vir hierdie week is ‘HUWELIK’.

Kyk, oor hierdie onderwerp het ieder en elk iets te sê. Getroud of ongetroud. Man of vrou. Oud of jonk. Afrikaan, Europees, Asiaat of Indiër. En verby is die dae dat die HUWELIK slegs tussen partye van die teenoorgestelde geslag plaasvind.

Die een ou se raad is: ‘moet jou nooit in ’n HUWELIK in die eg laat verbind nie!’ Paulus self het verkondig dat dit beter is om ongetroud te bly.
’n Ander ou sal erken: ‘die mens is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie.’
Ekself sal dit uitbasuin dat ’n HUWELIK wat werk, deur absoluut, toetentaal niks vervang kan word nie!

Die definisie van HUWELIK:
’n ooreenkoms tussen twee mense om so lank as hul lewe as gesin saam te lewe.

Kom skryf hierdie week vir ons:
HUWELIK of nie?
Hoe lyk ’n goeie HUWELIK?
Hoe sal jy lyk sonder jou HUWELIK?
Hoe bewaar mens ’n HUWELIK?
Wat laat die sterre in die oë, gedurende die HUWELIK, val?
Wat beteken jou HUWELIK vir jou?

Nee wag, ek gaan dadelik ophou klets, want ek het ’n HUWELIK om aan te werk!
O ja, ’n HUWELIK vra werk. Baie werk.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar