Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se Vandag in Woorde projek is deur Elvina voorgestel. Slim keuse, juis as mens kyk na die herkoms of ontstaan van idiome. Ek het bietjie gaan rondlees daaroor en baie inligting gekry by mieliestronk.com:

"Ja-nee, ou swaer, kom ons grawe dan maar die ou koeie uit die sloot. Ek gaan nie doekies omdraai nie, want ek gaan vir jou een ding sê wat nie twee is nie: Vanslewe se snuiters was omgesukkelde latte, maar hulle was nie voor op die wa nie. Hulle sou jou gou-gou wys waar Dawid die wortels gegrawe het as jy hulle slinks sou probeer rysmier, maar hulle het geweet eielof is uielof -- dit stink, man, dit stink. Vandag se bloedjies het weer geen murg in hul pype nie, maar van bek rek en beterweterigheid kan jy hulle hoegenaamd niks leer nie. Maar van die os op die jas, ou swaer, waar sleep jou dinges-kind -- watsenaam -- ou Pietertjie -- deesdae vlerk? Toe ek laas gehoor het, was hy nog besig om die prentjiemooi Bettie Booysen in te katrol, net nadat sy hand in die as geslaan is toe hy Marie Moller wou naderhark. Of dink jy hy gaan eerder afhaak met daardie minder aansienlike oujongnooi wat reeds so vol plooie is dat sy elke oggend haar hoed moet opskroef?"

Kom ons laat waai hierdie week met idiome en wat van sommer ‘n bietjie agtergrond oor die herkoms van spesifieke idiome.

Hier is ‘n paar voorbeelde om jul tande mee te slyp:

Hy drink Adamsbier.      (Hy drink water)

Hy eet met Adamsvurk. (Hy eet met sy hande)

Sy het weer aalwyn afgetap. (Sy’s in ‘n slegte bui)

Moenie hom in die gesig krap nie. (Moenie hom beledig nie)

Hulle was deeglik aangesmeer. (Hulle was hegte vriende)

Die idée wil my nie aanlag nie (Ek hou nie van hierdie idée nie)


Ek haal my hoed af vir diegene wat hierdie klompie idiome hierbo geken het. Dit het my met die eerste oogopslag heel kop aangesit. Ek het so min daarvan geweet as ‘n kat van saffraan en kon geen hond haar-af maak nie.

Onthou: Die woord “Idiome” moet asseblief deel van jou titel uitmaak.

Wys die ander WOESters bietjie waar Dawid die wortels gegrawe het.




 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar