Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is INSPIRASIE.

Ons almal vind inspirasie op verskillende maniere. Wat die een persoon ontmoedig sal ’n ander mens aanspoor. Hierdie week wil ek mooi vra dat jy vir ons sal vertel hoe en waar en wanneer vind jy inspirasie. Dalk, net dalk bied jou skryfsel vir iemand anders vars inspirasie en soos ek die meeste Woesters leer ken het, is hulle almal mense wat ander wil inspireer. Nie net om meer en beter te skryf nie, maar sommer om meer en beter te leef, te lag en lief te hê.

Ek haal graag ’n strofe uit ons eie Palet se gedig Inspirasie aan:

Wanneer lig
die donkerte deurboor,
padmaak met wit
wat nie glans verloor
vervullend om mymerend te sit....
stil die stem van inspirasie te hoor..
Is dit nie pragtig waar en waarlik pragtig nie?!


Hier volg ’n paar inspirerende aanhalings vir jou:

Doen dit wat goed is vir jou siel.

Die geheim om alles te kry wat jy wil hê, is om te glo jy het dit alreeds.
Begin waar jy is, gebruik wat jy het en doen wat jy kan.

Moenie skaam wees vir letsels nie. Dit beteken jy was sterker as dit wat jou wou seermaak.

Hou op om met ander te kompeteer en begin om met jouself te kompeteer.
In die verlede het ek gedoen wat ek geweet het hoe. Nou dat ek van beter weet, doen ek beter.

Moenie oefen tot jy dit regkry nie, oefen tot jy dit nie meer verkeerd doen nie.
Moenie toelaat dat die dinge wat jy graag wil hê, jou laat vergeet wat jy alreeds het nie.
Begin.... en inspirasie sal jou vind.

Voor jy praat vra eers:
Is dit waar?
Sal dit help?
Is dit nodig?
Is dit gaaf?

SAL DIT INSPIREER?

Deel seblief tog jou bronne van inspirasie met ons in die genre van jou keuse.
Ons kan almal by jou leer. Jy kan iemand anders inspireer.

Bos-groetnis,
KIEKIES



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar