Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se vandag in woorde is heel gepas ‘JEUG’. Jeugdag val een dag na Vadersdag. Vaders is die oorsprong van die jeug. Dis ook die Vaders (en Moeders) wat so graag kerm en kla oor die ‘jeug van vandag’ wat te veel so en te min sus. Die jeug wat nie meer weet hoe ... en nog nooit geleer het om te ... en nie naastenby ’n idee het waar geld vandaan kom en of wat ... beteken nie. Nog minder weet hulle hoe om hulle meerdere te behandel en is gans en al te ... of te ...

Daar word geskinder oor die jeug wat geen waardes het nie en ongeskik is en boonop helemaal te bederf is en alles te maklik het, deesdae. Bederf is nie die jeug se skuld nie, maar die bederwers s’n. Ek het nog altyd geweet dat kinders en mans en troeteldiere net doen wat hulle toegelaat word om te doen.

Hokaai moenie klippe gooi nie, ek is helemaal bewus van die feit dat daar nie ’n enkele Woester is wat oor die jeug kerm nie en ook buitendien nie een Woester is met sulke kinders in die huis nie. Hierdie week word julle uitgenooi om oor julle eie voorbeeldige jeug te skryf en oor ander mense se onhebbelike kinders te skinder. Skinder, ja. Vir een week is dit toetentaal wettig om te skinder. Niemand sal uit die Woes-huis uitpraat nie.

Skinder in ’n gedig, ’n klaaglied, ’n rubriek, artikel of ’n sappige souserige kortverhaal. Of wat van ’n artikel vol feite en waarheid? Enige iets is aanvaarbaar en alles is toelaatbaar.

My kinders? Nee hulle is die voorbeeldigheid self! Kyk dan wie is hulle goeie voorbeeld.

Nou toe, moenie rondsit nie, ons wag!

Tot volgende keer

Koelerige bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar