Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir hierdie week se tema van Vandag in Woorde, is dit nodig dat jy terug stap op jou eie spore, na ’n tyd toe jy jonk, avontuurlustig en ’n bietjie onbedag was. Dalk wil jy net ’n paar treë of dalk myle en myle terugstap. Die keuse is joune. Jy moet stap tot daar waar jy vir JOUSELF ’n wysheid te sê het. Tot daar waar jy vir JOUSELF, in ’n heelwat jonger lyf of dalk net ’n paar maande jonger, baie goeie raad wil gee.

Dalk het dit met finansies te doen. Dalk met vriendskappe. Ek glo dit sal altyd met keuse te doen hê. Dalk gaan dit oor die keuse van ’n lewensmaat. Of ’n beroep.

As jy nou voor die twintigjarige JOUSELF kon gaan staan, wat sal jy vir hom of haar sê of vertel?

Dalk iets soos: bekommernis maak niks beter nie. Of jy bestee te veel tyd by die werk of te min tyd in die gimnasium. Jy gesels nie genoeg met jou gesin nie of jy het nie nodig om altoos ’n eiertjie oor alles te lê nie. Jy vertrou mense te maklik, daarom sal hulle jou inloop. Jy is gans te agterdogtig, daarom sal jy goeie geleenthede misloop. Jy neem die lewe helemaal te ernstig op of die hele lewe is nie een groot grap nie.

In ’n kamma-gesels, gee JOUSELF raad na aanleiding van wat die skool van die lewe jou geleer het. Uit wat jy vir JOUSELF vertel, sal ekself en elke leser, heel waarskynlik baie goeie raad inwin.

Ek is altyd reg vir goeie beproefde raad en wag vir jou bydrae.

Boland-groetnis
Kiekies



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DAG VAN DIE BLOEISEL

    deur Johann P. Boshoff

    "Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar