Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dink dis lankal weer tyd dat ons ’n woord uitdaging het as tema vir Vandag in Woorde. Hierdie week het ek lekker gekry met ’n klompie woorde wat ek toeka uit my ouma se mond sou hoor. Woorde wat net nie heeltemal so lekker en beskrywend, in enige ander taal uitgedruk kan of sal word nie.

Vandat on laas ’n woord-uitdaging gehad het, het daar heelwat nuwe lede bygekom. Ek nooi ieder en elk om aan die uitdaging deel te neem. Almal wat voorheen sulke uitstekende geskrifte voorgelê het en almal wat nog nooit probeer het nie, julle word ook amptelik genooi.

Ter verduideliking aan ons nuwe lede en al die ander wat nie meer kan onthou nie, gee ek net gou weer die reëls.

So werk dit:

1.      Ek gee vir jou ses woorde.

2.      Jy moet al ses die woorde in jy skrywe gebruik.

3.      Skryf in enige genre. Selfs ’n gorrel is baie welkom.

4.      Weergee die ses woorde aan die begin van jou bydrae of skryf dit in skuinsdruk. (Dit help die leser om te sien hoe en waar jy die woorde inspan)

5.      Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. teer wat verteer word.

6.      Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.

Dis al die reëls. Hier is die woorde:

Skamel
Geil
Prul
Jolyt
Oorlams
Lol

Ek sien vreeslik uit om uit te vind wie is dapper genoeg om die uitdaging te aanvaar en waarmee elkeen vorendag kom!

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar