Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons het so lanklaas ’n woord uitdaging gehad dat ek reken dis nou weer sulke tyd. Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is dan woord uitdaging. Ek het my bes gedoen om hierdie keer van ons lekkerste beskrywende Afrikaanse woorde te gaan uitkrap. Woorde wat op ’n verskeidenheid maniere gebruik kan word.

Vandat on laas ’n woord-uitdaging gehad het, het daar al weer heelwat nuwe lede bygekom. Ek nooi ieder en elk om aan die uitdaging deel te neem. Almal wat elke keer deelneem en almal wat nog nooit probeer het nie. Almal word genooi om in die genre van jou eie keuse en voorkeur vir ons ’n storie, gedig of liedjie om hierdie ses woorde te bou.

Ter verduideliking aan ons nuwe lede en al die ander wat nie meer kan onthou nie, gee ek net gou weer die reëls.

So werk dit:

1. Ek gee vir jou ses woorde.

2. Jy moet al ses die woorde in jy skrywe gebruik.

3. Skryf in enige genre, al is dit net ’n gorrel.

4. Weergee die ses woorde aan die begin van jou bydrae of skryf dit in skuinsdruk. (Dit help die lesers om te sien hoe en waar jy die woorde inspan)

5. Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. teer wat verteer word.



Dit dan die reëls en hier is die woorde:

Flussies
Kalant
Oorkonkel
Spartel
Treiter
Deinserig


Nou gaan ek agteroor sit, my bene lank uitstrek en wag. Vir wat?
Om te sien waarmee ons hierdie week verras gaan word, natuurlik.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar