Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is KIES. Dit lê my na aan die hart, aangesien ons in ons lewens voor ’n baie moeilike keuse staan.

Hierdie week vra ek dat jy ons sal vertel, in die genre wat jy ver-KIES, hoe mens KIES. Hoe besluit ’n mens? Wat is die deurslaggewende faktore wanneer jy moet KIES?

Vertel ons van ’n keer wat jy reg ge-KIES het of selfs toe jy verkeerd of dom ge-KIES het. Ek het onlangs iewers gelees dat ’n mens nooit twee maal dieselfde fout maak nie. Die eerste keer was dit ’n fout. Die tweede keer het jy geweet dis ’n fout, maar ge-KIES om dit tog maar weer te doen.

Ek het ook al gehoor dat geluk en liefde albei keuses is wat jy KIES of ver-KIES om teë te staan. Dit glo ek ook, maar KIES is gewoonlik nie maklik nie.

Verder weet ons ook dat hoe jy KIES, bepaal die gevolge wat jy sal moet dra. Nou weet ons ook dat wanneer die gevolge moeilik is, mense KIES om iemand anders of sommer die omstandighede te blameer.

Seblief tog, KIES nou hierdie week om vir ons iets oor KIES te skryf. Dalk, net dalk, help jy iemand om iewers in die toekoms, reg te KIES. Selfs al skryf jy tong-in-die-kies.

Ek ver-KIES om nou eers weer te groet.

Boland groetnis,
kie-KIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Alles-in-een-toerustingspakket

    deur Christo Nel

    Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar