Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘kinders’. Nou kyk, daar is nie ’n mens op hierdie aarde wat nie iets oor kinders te sê het nie.

Indien jy nog kinderloos is, het jy dalk die meeste te sê. Dinge soos: ‘my kinders sal nie eendag dit of dat doen nie. Ek sal dit beslis nie toelaat nie!’ Dis nou omdat jy dink, kinders doen net wat hulle toegelaat word om te doen. Jy mag dit maar sê hier op Woes se werf. Sê dit prontuit in ’n rubriek of verskans dit in ’n gedig.
Indien jy kinders van jou eie het, wil jy dalk jou reg behou om te swyg. Weet net, as jy ons hier op Woes vertel van jou kinders se kaskenades, is dit so goed soos swyg. Ons praat nie uit nie en sal jou met simpatie onderskraag.

Driekie het anderdag so pragtige gedig oor haar stormwind kind geskryf. Volg haar voorbeeld en deel ons mee. Dit laat mens net besef dat jy nie alleen in enige situasie is nie. Ek kyk soms na my twee kinders en wonder watter een is regtig myne, want dis hoogs onwaarskynlik dat hulle dieselfde ma en pa het.
Kinders het elkeen ’n gawe ontvang om op die onmoontlikste plekke en tye, dinge te doen of te sê, wat ma of pa ‘n smeekgebed laat uiter, dat die aarde asseblief tog net moet skeur en hom of haar sal insluk. Vertel ons daarvan. Ons belowe om nie voor jou te lag nie. Nie so dat jy dit sal agterkom nie.

Daai selfde kind kan jou op ’n ander tydstip weer tot barstens toe met trots laat uitswel. Deel dit met ons en moenie wonder of ons sal dink jy spog nou skaamteloos nie. Jy kry dan hiermee ’n amptelike uitnodiging en mag dit maar doen.

As jy in die onderwys is of was, is ek doodseker jy het ’n paar skinder stories om met ons te deel. Of ’n verpleegster of polisieman of selfs ’n predikant. Komies én tragies, glo ek.

Vergas, verras, bederf of bedroef ons met jou kinderstories. Agge toe, seblief tog man.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar