Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou eers hierdie week se tema een van onthou gemaak het, maar toe merk ek op dat ons alreeds in 2013 oor onthou geskryf het. Dis ook al so lank gelede dat ek vergeet het van onthou.

Ek wil ook nie regtig afwyk van onthou nie, want Viooltjie se prag gedig: ‘Daar was iets omtrent die Vrystaat...’, het my onthou knoppie gedruk. Nee, dit gaan nie oor die Vrystaat nie, want al wat ek van die Vrystaat onthou is die kere wat ons daardeur moes toer, om by ons vakansie bestemmings te kom. Waaroor dit wel gaan is die tyd toe ek klein was en daarom is hierdie week se tema dus ‘KLEIN’.

Hierdie week in Vandag in Woorde kan jy na hartelus skryf oor dinge wat in jou onthou uitstaan, van doerie tyd toe jy nog ‘KLEIN’ was. Sommige mense onthou vêr terug van die tyd toe hy net gespeen en op die been was. Wat van daai eerste dag by die skool? Of daai keer wat jy so bang was dat jy jouself amper natgemaak het? Of daai loesing wat jy nooit sal vergeet nie? Ek het na elke loesing vas geglo dat ek ’n aangenome kind is wat nou so verniel word omdat niemand in die wye wêreld vir my lief is nie.

Wat van daai dierbaarste van dierbares of mislike, onuitstaanbare onderwyser of onderwyseres? Meeste van ons kan iemand uit beide kategorieë, uit ons kleintyd onthou.

Ander onderwerpe wat uitstaan in jou kleintyd is moontlik jou eerste fiets of die eerste keer dat jy by ’n maat mag gaan slaap het. Jou speelgoed en jou maters. Jou eerste das of hakkie-skoene. Die huis waar julle gewoon het of jou eerste skool. Skaamte toe jy klein was, of voor-op-die-wa-geite wat jou nou skaam maak.

En KLEIN hoef nie heel klein te wees nie, maar klein genoeg om jou eerste liefde te onthou of die eerste keer dat jou hart gebreek was.

Deel met ons jou ‘KLEIN’-tyd in ’n gedig of liriek (iemand het mos al gesing van ’n tyd toe kinders nog kinders was). Skryf ’n kortverhaal, artikel of rubriek. Of gorrel sommer oor KLEIN-tyd se giere en geite.

Bos-groetnis
Kiekies.

Ps. Haak seblief tog ‘KLEIN’ aan jou titel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar