Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies nooi ons hierdie week uit vir 'n heerlike koppie koffie en sommer net lekker gesels. Kom vertel ons jou storie oor 'n heerlike koppie warm koffie ...


Boeretroos!

‘Ryk en lekker, koffie-kapitaal’ het Jan Spies gesê.

Saai en armer, sou die skepping én die lewe gewees het sonder koffie en koffie winkels en koffie afsprake en koffie eerste ding in die môre en laaste ding vanaand. In ’n blikbeker of ’n keramiek beker. Enige beker, solank dit ’n groot beker is. En stomend warm. Met skuim of room. Saam met kaaskoek of appeltert. Wortelkoek of suurlemoen tert.

Ek wonder hoeveel koffie afsprake het al in ’n huwelik ontaard. Of ’n egskeiding afgeweer. Nuwe vriendskappe laat smee. Ou vriendskappe laat herleef. ’n Aanstelling in ’n nuwe werk bewerkstellig.

Het jy geweet dat die VSA op 29 September nasionale koffie dag vier?

Macchiato, Espresso, Filterkoffie, Cappuccino, Latte, Turkse koffie, Italiaanse koffie of Arabiese koffie. Oe jig, Arabiese koffie smaak al te veel soos ma se purgasie medisyne wat ons op ’n Saterdagoggend moes drink. Nie vir my nie, dankie! Tog moet ek die Arabiere dankbaar wees, want ek verneem dat die verbouing van koffie die eerste keer in Arabië plaasgevind het. Die eerste bewyse van koffie drinkers gaan terug na die 15e eeu en Yemen.

Jacobs, Nescafe, Frisco, Ricoffee, Koffiehuis, FG, Kenna, Douwe Egberts en… en… en…..

Google sê koffie is ’n gebroude drankie met ’n kenmerkende aroma en geur, voorberei van geroosterde sade van die Coffea plant. Ek kan van daai aroma getuig en was al ’n hele paar keer daardeur aan die neus gelei. Tot binne-in ’n koffie winkel in die middel van ’n wildvreemde winkelsentrum. Hulle praat van sade wat in bessies gevind word. Ek het nog altyd gedink mens noem dit koffiebone.

In Oos-Afrika en Yemen was koffie gebruik as deel van godsdienstige seremonies wat daartoe gelei het dat die Christelike kerk in Ethiopië ’n koffie drinkery verban het. Hoe bly is ek dat iets verander het tussen toe en nou en dat ’n Christen hom of haar maar oop en bloot mag verlustig aan ’n geurige koppie koffie gemaak volgens eie voorkeur. Tesame met mense van enige geloof of ongeloof.
En verder ook met ’n skeut Whiskey of Kalua of Tia Maria. ‘Nou praat jy suster,’ sê ek vir myself, ‘nou praat jy van ryk en lekker en sommer ook van lekker ruik!’

Nou toe, kom dan. Vertel vir ons hoe jy van jou koffie hou. En waar. En saam met wie. En wanneer en hoeveel. Skryf en beskryf dit. Sing dit, besing dit of dig dit, maar seblief tog, kom drink ’n koppie koffie saam met my en laat ons daarvan hoor. Of liewer, lees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar