Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lyk my Kiekies is honger daar doer in Malawi .... Kos is haar tema vir die week en ek dink dis perfek vir hierdie koue tyd van die jaar. Kook 'n storm los met heerlike woorddisse ... 




Dis seker maar die enkele wintersdag wat ons hier in Malawi beleef en al die nuus van snerpende koue, reën en sneeu wat ek by die Kapenaars hoor, wat my onwillekeurig aan lekker kos laat dink. Of dalk is dit die feit dat Eskom nie die elektrisiteit wat al heeldag af is, weer aankry nie. ’n Honger maag en ’n koue stoof.

Koue weer herinner my aan pannekoek, souskluitjies, melkkos met kaneelsuiker en stomende warm sop met ’n sny of drie tuisgebakte brood wat dik gesmeer is met regte egte botter. Hoe water my mond nou.

Daar is soveel herinneringe uit die verlede wat om kos draai of deur kos aangevuur raak. Dis nie noodwendig alles goed of aangenaam nie. Ek onthou hoe swaar ek aan ma se kool en groenbone gesluk het, al walgende en wurgende. Ma het gesê jy sal sit tot elke kriesel van jou bord afgeëet is en sy was dood ernstig. Vandag kou ek my lippe af, soos oom Oubaas sou sê, aan lekker groenbone.

As ek terugdink aan al die kere wat ons in die UAE kon gaan uiteet, dan verlang ek veral na die Lebanese kos. Plat Kubus broodjies, Repies skaapvleis op Humus. In die middel ’n holtetjie waarin ’n paar denne sade in ’n bietjie olyfolie dryf. Baie skyfies tamatie en agurkies om mee af te rond.

Wat is jou gunsteling kos vir elke seisoen van die jaar? Is daar ’n dis wat jou aan iemand spesifiek laat dink of verlang. As ek braaihoender gemaak het op die Kolonel se resep en ek krap die bros oorblyfsels uit die pan, dan onthou ek hoe Seuna dit altyd verslind het. Ai dan is die verlange pynlik. Net so laat pap brandsel my na my ousus verlang. En vark kaiings weer, na my Boeta.

Dalk het jy niks te sê oor kos wat deur die maag moet gaan nie en wil eerder oor kos vir die hart en siel skryf. Oefening van enige aard is kos vir my gemoed en help om van al die bollie op die brein ontslae te raak.

Wat van ’n spesifieke musiekstuk? Dit voed tog ook ’n siel. ’n Goeie boek of fliek? Om langs die see te gaan stap. Iewers op ’n bankie te sit en net die mense dop te hou.

Kos vir die maag. Kos vir die hart. Kos wat jou laat goed voel. Kos wat verlange in jou hart sit. ’n Fênsie ete wat jy met iemand spesiaal gedeel het. Of ’n stukkie brood met iemand wat jy skaars ken. Kos laat mens liries raak. Doen dit hier op die Woes-werf en gee ons ander Woes-tyne ’n happie van jou gunsteling kos. Sommer die resep ook as jy wil!

Onthou asseblief dat die woord "kos" in jou titel moet voorkom. 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar