Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is KOSBAAR. Of soos die Ingelse sê: priceless. Alhoewel sekere mense juis die dinge wat hoog is in prys, as KOSBAAR beskou.

Ek het vanoggend vir iemand gevra om my kinders mooi op te pas, want hulle is vir my KOSBAAR en dis net daar wat ek gewonder het wat ons Woes-skrywers as KOSBAAR sal bestempel. Ek reken toe dat dit mos maklik sal wees om oor dit wat KOSBAAR is, te skryf.

Soms is ’n oomblik in tyd KOSBAAR. Daar is sekere woorde wat meer gereeld aan KOSBAAR gekoppel sal word, as ander.

‘Eerste’ is so woord. My eerste (en sovêr enigste) boek wat gepubliseer is, is beslis KOSBAAR. Vir ander is dit eerste liefde, eerste motor, eerste huis, eerste keer op die verhoog, eerste vakansie anderkant die waters en ag sommer nog ’n horde eerstes.

‘Laaste’ is nog ’n woord wat saam met KOSBAAR uitgespreek word. Die laaste dag op skool, universiteit, by die werk, in my ouerhuis. Of die laaste gesprek met my pa, ma, eggenoot of selfs kind. Die laaste keer wat jy een van hulle gesien het.

Die laaste paaiement op jou huisverband of motorfinansiering. Gebeur dit nog?

‘Beste’ is ook noodwendig KOSBAAR. Jou beste juwele, skoene of vriende. Die beste telling op die gholfbaan, ’n beste tyd in ’n naelloop. ’n Beste hou, ’n beste telling.

Dis nie eers nodig om hard te dink nie, want dit wat KOSBAAR is, is gewoonlik voor in die gedagtes. Dalk is dit iets fisies of iets geestelik. Dalk is dit ’n goue kruis om die nek of ’n houtkruis op ’n koppie.

Kom skryf en vertel: wat is vir jou KOSBAAR.

Boland-groetnis aan al die KOSBARE Woetelinge,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar