Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is geen ander woord wat so van toepassing is as hierdie week se nuwe tema vir Vandag in Woorde nie. Dit gebeur nie baie nie, indien ooit, dat elke WOESteling op ’n gegewe moment presies dieselfde omstandigheid beleef. Kan jy al raai wat die woord is?

Kom ek versadig jou nuuskierigheid. Die woord en tema is ‘KOUD’! Brrrrrr bibber been-beef en tande-klap, ritteltits koud. Van noord tot suid, van oos tot wes, dwarsdeur ons land, kry almal vrek koud. Die radio verkondig dat dit rekord laagtepunte is vir amper of meer as honderd jaar.

Mense ry kilometers om die sneeu te gaan aanskou. En nie net om te sien nie, maar hulle hande in te steek en lawwe sneeumanne te bou. Net om môre weer voor die verwarmer of kaggel vuur te sit en kla oor die vreeslike koue. Eish mense!
Koud bring ook heerlike geselligheid. Glühwein en kaggelvuur. Sop en vetkoek. Bredie en kluitjies. Kerriekos en roties. Warm sjokolade, Milo, stomende Latte. Kan enige iemand dit regkry om kalorieë te tel in die koue dae? Behalwe natuurlik as jy op die Kreatiewe Bestuurder se sop dieet is.

Ek het in die middel van die winter getrou, juis om te kan lepellê in die koue nagte. Geen beter rede om man te vat nie, of hoe? In die winter kuier almal so gesellig saam. Niks van die manne staan daar doer vêr om die braaivleis vuur en die vrouens is in die kombuis besig om slaai te maak, nie.

Maar wag, ek het genoeg geklets. Kom skryf jy nou vir ons jou koud-storie, rubriek, gedig of liriek. Gee dit ’n titel en haak die woord ‘KOUD’ aan. Publiseer dit op Woes vir almal om te lees. Toe-toe, roer jou verkluimde litte, ons almal wag vir jou bydrae.

Ek stuur selfs koue groete uit die bos vandag.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar