Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mees gepaste tema vir hierdie week se ‘Vandag in Woorde’ is ‘KRAG’. So naby as wat ons aan 25 Desember is, is hierdie tema selfs meer gepas as ‘Kersfees’ vir ieder en elke Suid-Afrikaner. Elkeen het ’n ‘KRAG’ storie om te vertel. Van Musina tot by Malmesbury, van Krombaai tot by Komatipoort.

Daar is nie ’n besigheidsman of vrou wat nie deurloop nie. Selfs die koerantverkopertjie by die verkeerslig ervaar verliese, want niemand stop lank genoeg om gou die Sunday Crimes te koop nie. Ek is al ’n maand terug by my huisie by die see, maar het van dag een af en elke naweek daarna ten minste twee ure elke Saterdag en Sondag in die stilte of in die donkerte geploeter.

Vandag beleef ons dit selfs op ’n Maandag, die eerste keer dat dit op ’n weeksdag gebeur. Dalk was ons dorpie nog net gelukkig om nie deur te loop in die week nie. Een van die dinge wat my die ergste frustreer is dat motoriste dan hoegenaamd nie weet hoe werk dinge by ’n vier rigting stopstraat nie. Neus in die lug, horende doof en siende blind, sit hy of sy net voet neer en ry. Beurt of te not.

Dalk het jy geen saak met elektriese krag nie, maar eerder krag van die fisiese aard. Dit laat my nou dink aan die vrou wat gebid het vir geduld, maar asseblief tog nie krag nie, want sou die Here haar krag gee, gaan sy beslis daai man van haar met haar kaal hande vermoor.

By ‘Vandag in Woorde’ word jy vandag amptelik genooi om al jou krag-kerms te kerm en jou klaagliedere te kla, in die genre van jou keuse en gawe. Kry dit van jou hart af, blaas stoom af, deel jou probleem met ons. Dalk is dit tragies en vol frustrasies, of dalk is dit humoristies. Wat-ook-al, ons wil dit lees!

Nou ja, dan groet ek eers uit ’n windstil en kragtelose Gordonsbaai.

Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar