Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir hierdie week is ‘Kuier’. Dis seker omdat daar ’n kuier vir my voorlê en ek so uitsien dat ek aan amper niks anders kan dink nie.

Saam met wie kuier jy graag? Ek kuier die heel lekkerste saam met ou pelle. Regte gemaklike pantoffel pelle, wat al my ellendes en vreugdes ken en by wie ek nie hoef voor te gee nie. Ons kuier ewe lekker in onse nagkabaaie, as ons bruilof klere. Met ongekamde hare en sonder ‘paint’ of poeier. Solank die koffie warm is, is die saak reg.

Waar kuier jy die lekkerste? Dalk in ’n koffie winkel of ’n restaurant. In ’n park op ’n piekniek kombers? Langs die braaivleisvuur? Ek kuier gewoonlik die heel lekkerste by ’n groot tafel in die kombuis. Sommer daar waar die kos voorberei word en so proe-proe, net om seker te maak alles is darem eetbaar.

Dit bring my nou by ’n ander belangrik komponent van kuier. Die kos. Kan ’n mens lekker kuier sonder kos? Ek dink wraggies nie so nie. Lekker koek of tert en ’n lang beker tee. Of verkies jy dalk ’n fyn porselein koppietjie en ’n petite handtertjie. Ai hoe water my mond nou. Vir ’n lekker happie en ’n lekker kuiertjie saam met lekker mense wat lekker kan gesels.

So bou ek nou voort op hierdie kuier tema. Waaroor gesels jy graag as jy kuier? Kyk, mens kuier mos soms saam met mense wat nét oor al die probleme van die lewe wil praat. Ander weer wil net heeltyd vertel van hulle kinders wat die slimste is én hulle nuwe motor én hulle yslike nuwe huis wat nou gebou raak en soveel miljoene gaan kos. Jy luister en wonder of jy nou veronderstel is om jaloers te wees en of jy simpatiek moet wees. Nee wat, ek gesels graag oor lekker-voel en inspirerende dinge.

Man ek dink aan ’n duisend dinge om oor ‘kuier’ te skryf, maar ek nooi jou nou uit om te vertel. Ja jy! Dalk was daar iewers ’n keer wat jy saam met ’n baie interessante mens gekuier het. Vertel vir ons. Dalk was daar ’n ander keer wat jy in ’n kuier vasgevang was, wat gewurg het soos ’n tou om jou nek. Vertel vir ons.

Loop ’n entjie terug op jou spore en stof vir ons ’n kuier-storie, -gedig, -liedjie of -rubriek af. Man en as jy nou nie een het om af te stof nie, maak dan een op. Kom ons kuier hierdie week gesellig saam om ons skryftafels.

Onthou asseblief om die woord "kuier" in jou titel te gebruik.

Lekker kuier!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar