Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Kiekies “leer” ons hierdie week ... om beter te leer ...

Voor ek die nuwe tema aankondig, MOET ek net eers almal wat aan die ‘perfek’ tema deelgeneem het, bedank. Dit was nou sommer lekker om almal se opinies van die begrip te lees.

Dit was voorwaar ’n rekord in die lewe van ‘Vandag in Woorde’. Weet julle hoe ‘great’ julle Woestelinge almal is?! Ons is eenvoudig die PERFEKTE familie!

Die tema vir “Vandag in Woorde” is hierdie week ‘LEER’.

’n Epos het in my posbus verskyn wat vertel van al die dinge wat Andy Roony in sy lewe geleer het. Ek het g’n idee wie of wat hy is of was nie, maar hier is ’n paar van sy lewenslesse:
Niemand is perfek tot jy op hom/haar verlief raak nie.
Die lewe is taai, maar ek is taaier.
Geleenthede gaan nooit verlore nie, iemand anders vat dié wat jy laat verbyglip het.

As jy bitterheid koester, sal geluk op ’n ander plek nes skrop.

’n Glimlag is ’n baie goedkoop manier om jou voorkoms te verbeter.

Almal wil bo-op die berg leef, maar groei en geluk gebeur terwyl jy klim.

Hoe minder tyd ek het, hoe meer kry ek gedoen.

Die beste leerskool is aan die voete van ’n ouer mens.

Om gaaf te wees is baie belangriker as om reg te wees.

Maak nie saak hoe ernstig jou lewe behoort te wees nie, almal het nou en dan ’n lawwe vriend nodig.

Soms is al wat jy nodig het ’n hand om vas te hou en ’n hart wat verstaan.

Ons moet baie bly wees God gee nie alles waarvoor ons vra nie.

Om feite te ignoreer, verander nie die feite nie.

Wanneer ek beplan om iemand terug te kry, gee ek hom verdere mag om my seer te maak.

Die enigste manier hoe ek sal groei is om myself te omring met wyser mense.

Toe dink ek ’n bietjie. Ek het self ook al ’n paar waardevolle lesse geleer. Een daarvan is dat ek die beste lesse uit my foute geleer het en daarom moet ek my kinders toelaat om hulle eie foute te maak en hulle eie lesse te leer. Tensy dit lewensgevaarlik is, moet ek nie probeer ingryp nie. Vir my is dit een van die heel moeilikste dinge om doen.

Onthou asseblief om die woord “leer” in jou titel te gebruik. Geniet dit!

Toe dink ek nog ’n bietjie. Elke Woesteling het sweerlik sy of haar eie waardevolle lesse geleer en ek sal darem wat wou gee om daarvan te hoor. Dis net daar dat ek besluit op hierdie tema. En nou vra ek:

Wat is die waardevolste les wat jy al ooit geleer het?

Wat was die moeilikste les wat jy moes leer?

Wie was jou beste leermeester of meesteres?

Dalk was jou beste leermeester nie ’n wie nie, maar ’n wat.

Watter lesse kon jy verhoed het?

Het jy ’n les geleer wat jy niemand toewens nie?

Het jy ’n les geleer wat jy reken almal behoort te leer?

Ernstig, dramaties, hartseer of komies! Kom gee vir ons jou beste les-gedig, les-verhaal, les-liriek, les-gorrel of les-rubriek.

Onthou om die woord ‘leer’ in jou titel te gebruik.

Kookwarm bos-groetnis.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar