Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag leen ek ons tema vir Vandag in Woorde by ’n radioprogram. Hulle het oor ‘Lees’ gepraat en dis toe dat ek besluit dis ons tema vir hierdie week omdat ‘LEES’ nie net ’n eindelose genot is vir my nie, dis so te sê ’n verslawing. Dis my slaappil. Al lees ek net vier bladsye voor my oë toeval, lees moet ek lees.

Al ons Woestelinge skryf tog in die hoop dat iemand dit sal lees. En deesdae lees mense op allerhande maniere. Mense lees op selfone, op e-lesers, op rekenaars en wat nog. Selfs die Bybel op ’n tablet. Dis nogal handig, want mens kan ’n paar vertalings aflaai om te vergelyk.

Tog is papier-tussen-die-vingers lees die heel lekkerste. So dink ek altans. Daai reuk van ’n nuwe boek, is beter as die vars leer reuk van ’n nuwe motor. Dalk oordryf ek nou weer ’n bietjie. Blinde mense lees ook. Hulle lees audio boeke. Ek het ’n pragtige Barbie pienk Kindle persent gekry. Skoonseun het ’n horde boeke afgelaai en ek het nog nie eers 1 gelees nie. Dis ’n skande nè? As dit papier boeke was, het ek beslis al ’n hele paar afgehandel.

Wat lees jy? Ek dink literêre boeke is soos werk en fiksie is soos vakansie.

Waar lees jy? Daar is mense wat nie die troon sonder ’n boek in die hand, besoek nie.

Hoe lees jy?

Wie lees jy?

In watter taal lees jy?

Wie lees jy nie?

Wat lees jy nie?

Waar lees jy nie?

Sal jy, my Woeste vriend, dan asseblief ietsie skryf wat ons kan lees? Onthou asb om "Lees" in jou titel te gebruik.

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar