Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oor die tema vir Vandag in Woorde van hierdie week hoef ek nie veel te sê nie, want almal het dit en ken dit en weet genoeg daarvan. Die tema is LETSELS. As jy al ooit geleef het, het jy ’n LETSEL of drie opgedoen. Hoe meer LETSELS, hoe meer het jy gelewe.

Daar is mos verskeie soorte LETSELS. Sommige is fisies, ander is geestelik en dan is daar nog emosionele LETSELS ook. Ek is een van daai gelukkige mense wat nie maklik ’n bloukol opdoen nie, maar soms, net soms, wens ek daar was ’n LETSEL waarmee ek kon spog of simpatie ontlok. Daarsonder glo mense nie hoe hard ek my gestamp of geval het nie. Tog het ek selde bewyse vir my storie.

Ek weet hier is mense op WOES wat ’n hele paar sport-LETSELS het, waaroor hulle kan skryf. Hier het ekself darem ’n LETSEL van die dag wat Volkskool hokkiespeler my oogbank oopgeslaan het en my sinkplaat maermerries is seker ook bewyse dat ek darem ’n geskiedenis op die hokkieveld het.

Of dit nou ’n LETSEL van die lyf, die hart of die siel is, kom vertel ons daarvan. Ja, jy mag ook maar vertel van die LETSELS wat die skalpel nagelaat het. Dis mos iets wat aan’t verdwyn is, want die chirurge doen al hoe groter operasies, deur al hoe kleiner gaatjies.

Nou toe dan, ons wil graag hoor hoe jy jou LETSELS opgedoen het. Dalk is daar sommer ‘’n paar lesse te leer.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar