Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies delf hierdie week diep in die waarheid in. Of nie ...



Hierdie week se tema vir ‘VANDAG IN WOORDE’ is: LEUENS. En dis die reine waarheid.

Definisie van ’n leuen: doelbewus iets vertel wat onwaar is om uit die moeilikheid te kom, iemand anders skade te berokken of aandag te soek.

Jok. Lieg. Wit leuentjies. Valse getuienis. Ons lees in die Bybel daarvan. Ons lees in die koerante daarvan. Ons sien en hoor daarvan in die nuus. Ons kyk flieks en TV-reekse daaroor. Ons beleef dit. Ons haat dit met ’n passie. Huil daaroor, skel daaroor, bal ons vuiste. Beplan wraak om leuenaars te laat boet. Ons protesteer en toi-toi en swaai plakkate met uitgestrekte arms.

Politici lieg. Onderwysers lieg. Die bankbestuurder lieg. Die beleggings adviseur lieg. Die minister van finansies lieg. My salaris strokie lieg. Die etikette op produkte lieg. TV-advertensies lieg. Bemarkers lieg. Ouers lieg vir hulle kinders. Oupas en oumas lieg vir hulle kinders én kleinkinders. Ons lieg sommer vir almal. Vriende, familie, kennisse, vreemdes en vyande tegelyk. Beskuldigdes lieg, prokureurs lieg, dokters lieg. My badkamer skaal lieg die ergste!

Lieg….lieg….bedrieg, verdraai die waarheid, vertel net helfte van die feite, maak ’n wit leuentjie op.

Weet ons nog wat waarheid is? Die volle ongepleisterde, rou-reguit waarheid. ‘En nuttieng but de troeff djou onner!’ Vertel ons die leuens so goed en oortuigend dat ons dit self glo?

Waar vind mens dan die waarheid?

In die spieël dalk? Daar waar jy vanaand alleen in jou kooi lê? Erken en herken ons nog die waarheid?

Langenhoven het van lieg en waarheid gesê:

-      Die toets van 'n man is, hoeveel daar nodig is om hom te laat lieg.

-      Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?

-      'n Man wat sy toevlug tot 'n leuen moet neem, vind dikwels uit dat hy in 'n huis gaan skuil het wat nie 'n agterdeur het nie.

-      Hoe meer waarheid daarby is, des te gevaarliker is 'n leuen. Die oneerlike melkboer sal niemand bedrieg as hy die bottels vol skoon water maak nie.

-      Aanneemlikheid en waarskynlikheid is die lewensbloed van 'n leuen. 'n Leuen wat uit die staanspoor uit nie geglo word nie is 'n doodgebore duiweltjie.

-      Om doeltreffend te lieg, moenie die waarheid heeltemal omdraai nie: hou hom skuins.

-      Rek die waarheid en jy doen aan hom te kort.

En nog andere:

-      Hy sal die waarheid geweld aandoen.

-      Hy slaan die waarheid in die gesig.

-      Lieg soos n tandetrekker.


Watter leuens laat jou bloed kook? Watter leuens het die grootste invloed in jou lewe? Kom ons toi-toi en protesteer op skrif hierdie week. Of vermaak ons met die beste liegstorie wat jy ken. Of dink sommer self ’n vars een uit en deel dit met ons.

Vir my mag jy maar lieg, solank jy nie dink ek is dom genoeg om jou te glo nie.


 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar