Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir Vandag in Woorde is hierdie week ‘LEWE’. Meer spesifiek ’n lewe wat saak maak. Dis na aanleiding van hierdie skrywe wat ek in die rondwaai-pos (Sneeuwolf se woord) in my e-posbus ontvang het. Dit het my nogal diep laat dink. Ek hoop dit raak jou hart en gedagtes ook aan.

Of ons gereed is of nie, eendag kom alles tot ‘n einde. Daar sal geen sonsopkoms meer wees nie, geen minute, geen ure, geen dae nie. Alles wat jy bymekaar gemaak het, of dit nou vir jou kosbaar is of nie, sal aan iemand anders behoort.

Jou rykdom, jou roem, jou wêreldse mag sal verskrompel tot onbelangrikheid. Dit sal nie saak maak wat jy besit het nie of wat aan jou verskuldig is nie. Jou haat, griewe, frustrasies en jaloesieë sal uiteindelik verdwyn. Maar so sal ook jou hoop, ambisies, planne en moet doen-lysies verval.

Die winste en verliese wat eens so belangrik gelyk het, sal vervaag. Dit sal nie saak maak waar jy vandaan kom nie, of aan watter kant van die spoorlyn jy gebly het nie.

Dit sal nie saak maak of jy beeldskoon of briljant was nie. Of jy ‘n man of vrou is, en wat die kleur van jou vel is, sal onbelangrik wees. So, wat sal saak maak? Hoe sal die waarde van jou dae gemeet word?

Dit sal nie saak maak wat jy gekoop het nie, maar wat jy gebou het; nie wat jy het nie, maar wat jy gegee het.

Jou suksesse sal nie saak maak nie, maar wat jy vir die wêreld beteken het.
Dit sal nie saak maak wat jy geleer het nie, maar wat jy ander geleer het.

Elke daad van integriteit, medelye, moed of opoffering wat ander se lewens verryk, bemagtig of aangemoedig het om jou voorbeeld te volg, sal saak maak.
Jou bevoegdheid sal nie saak maak nie, maar jou karakter.

Dit sal nie saak maak hoeveel mense jy geken het nie, maar hoeveel mense jou vir altyd gaan mis wanneer jy weg is.

Ek is seker jy het ook al so iets gelees. Dalk het jy dit al baie keer gelees. Dalk het jy dit na ’n paar vriende gestuur of dalk het jy dit net afgevee. Hierdie week word jy uitgenooi om daaroor te skryf. Jou gedagtes vas te pen. Jy kan ons vertel van die lesse wat die lewe jou geleer het. Of van iemand soos in die laaste aanmerking genoem was.

Nee wag ek skryf nie voor nie. Jy skryf dit wat in jou gedagtes opgekom het toe jy nou net hierdie stuk gelees het. In enige genre van jou keuse. Ek vermoed ons gaan WOES-diep raak hierdie week en weet jy wat? Dis ook goed, so dan en wan, maar daar is altyd plek vir ’n bietjie humor ook.

Kom ons kyk wat word daar opgekook om op die WOES-tafel te bedien.

Bos-groetnis
Kiekies.

Ps. Onthou tog asb. om ‘lewe’ aan te haak by jou titel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar