Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit tyd loop. Nee, dit hol weg. Kyk waar staan die jaar al weer. Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde, is MAAND. Kan jy glo, na hierdie MAAND is daar net twee oor tot die einde van die jaar? Dis al amper die einde van die ‘Viooltjies in die voorhuis’-MAAND. Die mooiste, mooiste MAAND. Of is dit?

Hierdie week nooi ek jou om oor ‘n MAAND te skryf. Die MAAND wat vir jou die lekkerste is of die meeste betekenis dra. Dalk is dit Februarie omdat betaaldag die vinnigste in hierdie MAAND gebeur. Of is dit Januarie. ’n MAAND van nuut begin, nog ’n kans om vars planne te maak en voornemens te neem.

Nee wag, ek weet. Dis Desember. Die MAAND van gee en ontvang, van partytjies en somervakansie. Van lekker eet en kuier. Tog weet ek uit ondervinding dat die meeste digters liries raak oor die MAAND waarin die herfs begin. Is dit April of Mei?
Dalk wil jy vertel van ’n MAAND sonder ’n spesifieke naam, maar ’n MAAND wat in jou geheue geëts is. ’n MAAND waarin daar iets wonderlik of afskuwelik gebeur het.

Persoonlik geniet ek ’n koue winter MAAND om kaggelvure, Glühwein, pannekoek, sop en souskluitjies te geniet. Om snoesig onder ’n verekombers in te kruip. Om legkaart-pas lepel te lê terwyl die reën buite neer sif.

Vertel ons van ’n MAAND.

Boland-groetnis,
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Treë na Innerlike Genesing

    deur Leonard John Holmes

    Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar