Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die woord en tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘MIS’. ’n Klein woordjie met ’n wye spektrum van betekenisse. Ek het een spesifieke betekenis op die hart gehad en as mens sulke een-rigting gedagtes dink, dan is dit so maklik om al die res te ‘MIS’. Ek besluit toe om liewer die woordeboek nader te trek en al die betekenisse vir ons uit te krap en uit te klaar. Kom kyk saam met my!

Mis: Fyn druppeltjies water wat soos ’n wolk laag oor die grond of water hang. ’n Mistige dag laat my altoos heerlik snoesig voel.

Mis: Die uitwerpsels van diere. Ek neem aan die uitwerpsels van mense is sommer net bollie. Soms is die uitwerpsels van mense in die woordvorm ook bollie.

Mis: Om na iets te mik en dit nie te raak nie. Soms mik ons nie, maar ons mis ook nie.

Mis: Hierdie was die ‘MIS’ wat ek in gedagte gehad het, om mee te begin. Die rede daarvoor is dat ek elke jaar wat ek ouer word leer dat selfs in moeilike tye en plekke, soos daar waar ek in die bos gebly het, sal daar iets wees wat jy mis, wanneer dit verby is of nie meer daar is nie. Ek kon nie vinnig genoeg weer terug in die mooiste Kaap wees nie en ek is vreeslik dankbaar vir alles wat ek hier het en beleef, maar ek mis al daai pragtige kleurvolle bome en ’n heel paar wonderlike mense. Dalk mis hulle my ook.

Mis: êrens wil wees of iets wil doen, maar dit nie kon inpas nie en dus moet mis. Die vertoning mis.

Mis: Te laat wees. Die vlug, bus of trein mis.

Mis: ’n Nagmaaldiens in die Katolieke kerk.

Verder is ‘MIS’ ’n voorvoegsel vir ’n horde woorde: misluk, misken, misloop, misoes, ens. ens. ens.

Komaan liewe WOES-ter, moet nou nie hierdie geleentheid MIS om deel te wees van Vandag in Woorde se MIS-tema nie.

Skryf ’n gedig of liriek, kortverhaal, artikel of rubriek!

Haak die woord MIS aan jou titel en publiseer.

So maklik soos uit die boom uitval.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar