Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies het weereens met 'n vrek interessante tema vorendag gekom ... mOnStErs ...  Ons almal het seker een, dalk meer as een wat agter ons aanhardloop en in ons skadu probeer skuil. Lekker skryf!


Definisie:
-      ’n Afgryslike wese wat mense bang maak.
-      ’n mens wat soos ’n monster lyk of soos een optree.
-      ’n klein stukkie of bietjie van iets.

Daai goed onder die bed, wat pa elke aand moes verjaag voor jy in die bed sou klim, toe jy ’n kind was. Onthou jy nog? Ek was al op hoërskool toe dit nog deurentyd vir my gevoel het daar is iets onder die bed. Toe nie meer ’n halfmens half-dier ding soos in sprokies nie, maar ’n rower of ’n moordenaar wat net op my wag om in die bed te klim voor hy toeslaan. Met al my krag het ek die hokkiestok in ’n halfmaan onder die bed geveeg. G’n boosdoener sou dit kon oorleef nie. Dan het ek op die wasgoedmandjie geklim, die lig afgesit en tot op die bed gespring, net ingeval ek hom tóg met die stok gemis het. Daar was ook ’n monster aan die end van elke donker gang. Dis hulle wat my holrug in die rigting van die naaste lig laat skarrel het. Een van julle ooit sulke monsters beleef?

Glo dit as jy wil, maar terwyl ons groot raak, groei die monsters saam en ondergaan ’n gedaante wisseling. Kom ek herinner jou aan ’n paar groot-mens monsters:

-      Die spietkop wat in die skadukol van die brug sit.
-      Die tandarts se singende boor.
-      Die sperdatum vir jou belasting opgawe.
-      Jou maandelikse begroting. Dalk nie joune nie, maar daai ander ou sin. Ek weet joune klop altyd én jy spaar elke maand.
-      Daai miserabele baas. Of jou dierbare baas se miserabele vrou.
-      Jou arrogante skatryk kliënt wat glo hy is jou enigste kliënt.
-      ’n Skuldige gewete wat jou insomnia voed.
-      Jou kompetisie met die Jansens van langsaan.
-      Jou gewoonte of verslawing.
-      Die groenoog monster.
-      Die monsters wat jou tyd verorber.
-      Jou selfoon. Of jou kind s’n.
-      Die prys van petrol.
-      Vir ’n pa met ’n dogter – daai knape wat haar so beloer.
-      ’n Siektetoestand

Die monsters wat net in jou kop bestaan: Ek kan nie
Ek vergeet altyd
Ek is nie goed genoeg nie
Hulle dink ek is dom
Niemand hou van my nie.
Ek is lelik of maer of vet of oud of te jonk.

-      ’n Vrou wat aanhoudend kerm.
-      ’n Man wat hom doof hou.


Dis nou maar ’n paar van die moontlike monsters wat jou hartklop laat versnel of jou hare laat rys, maar ek is oortuig dat daar ook stories te vertel is oor die laaste definisie. ’n Klein bietjie of stukkie iets.

Daai bloed-, semen of urienmonster wat een of ander bewys sal lewer. Dalk van siekte of swangerskap of gesondheid of skuldigheid. Teen my ruggraat kriewel daar nou skielik ’n verhaal van misterie, leuens en bedrog.

Monster aanhalings:

Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.
~ D.J. Opperman.

Alle mense is monsters. Niks kan daaraan gedoen word nie, behalwe hulle oppas. – Oscar Wilde.

Laat ’n monster in jou oor fluister, luister mooi en kom skinder op skrif by jou Woes-tyn vriende.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar