Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies se tema vir hierdie week is ‘MOOI’. So, vertel ons van al die mooi in jou lewe ...

My kop maal soms soos ’n wasmasjien oor vreemde dinge. So wonder ek soms of die rooi en groen en blou wat ek sien, dieselfde rooi en groen en blou is wat jy sien. Oor ‘mooi’ wonder ek nooit. Ek weet dat dit wat vir my mooi is, vir ’n ander ou soms afskuwelik is. Dit moet so wees, want so voel ek soms oor iemand anders se ‘mooi’.

Dis elke keer vir my duidelik wanneer ek in ’n kunsgalery rondstap. Alles wat uitgestal is, is veronderstel om kuns te wees en kuns in my oë behoort ‘mooi’ te wees. Hoekom sal ek dan nou moeite doen om iets te skep, om lelik te wees. Daarom weet ek dat alles wat boos is, nie deur God geskep was nie.

Sommige van die kuns wat ek daar opspoor is eenvoudig aaklig, na mý mening. Tog moes die ou wat dit gemaak het, ‘mooi’ daarin gesien het. So ook die ou wat groot geld uit die gat-sak haal om dit te koop.

Ek was gelukkig om ’n uitstalling van Picasso se werke te sien. Ongelukkig was daar net een enkele stuk wat ek dálk sou oorweeg om aan te skaf, al was ek so ryk soos Sheik Zayed self. Koop mense omdat hulle dink ander mense dink dis mooi of om intel te wees?

Gelukkig is daar ander dinge wat vir almal wat kan sien, mooi is:

•      ’n Vuur-kool rooi bosveld sonsondergang.
•      ’n Plaat mengelmoes gekleurde vygies, uitgestrek op ’n Namakwalandse vlakte in die vroeë lente.
•      Die glas-splinter weerkaatsing van ’n kalm see onder die witwarm somerson.
•      Die verwondering in ’n ma se oë wanneer sy haar pasgebore baba vir die eerste keer in haar arms hou.
•      ’n Trop jong rooibok ooie wat rustig onder ’n maroelaboom staan en wei, terwyl hulle lammers om hulle, bokspring of suip.
•      ’n Mens met ’n onbaatsugtige gesindheid wat opregte liefde tentoonstel.

Hoe lyk jou mooi?

Hoe klink jou mooi?

Hoe voel jou mooi?

Verpak al jou ‘mooi’, in sy-papier toegedraai, in ’n boksie saamgestel in ’n gedig, ’n rubriek of sommer net ’n gorrel. Sodat ons dit versigtig en met lekkerkry, stadig kan oopvou en uitpak. Kan proe en ruik en sien en voel!

Deel asseblief tog jou mooi met ons. Al kan iemand selfs net ’n uur in sy/haar dag daarmee versier, sál dit die bietjie moeite werd wees.

Onthou asseblief om die woord "mooi" in jou titel te gebruik. Geniet dit!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar