Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week is die tema vir vandag in woorde ‘NAG’.

In ons taal is daar ’n idioom wat lui: so lelik soos die nag. Ek is nie so seker dat dit regverdig is nie. Is die nag dan altyd lelik? My kind praat van hondlelik, maar honde is ook nie lelik nie.

Ek dink terug aan die nagte in die woestyn. ‘Pragtig’ begin nie eers die mooi daarvan beskryf nie. Die flonkering van hordes sterre teen die middernag-blou agtergrond. Om my, net doodse stilte. Daar is geen naggeluide nie. Vertel vir ons van jou nagtelike ondervinding iewers op ’n plek vêr van jou land.

Hier in die Afrika bosveld is die sterre minder, maar die maan is helderder. Soms so geel soos gesmelte botter. Die naggeluide is duidelike hoorbaar. Paddas, krieke, besies, ’n jakkals of wildekat. Uile en selfs ’n kraai of twee wat nie kan slaap nie. Het jy al so langs ’n vuur in die donkerte gesit en die nag beluister. In hart en siel ervaar. Kom deel dit met ons, ag toe man.

So mooi as wat die nagte in die bos of woestyn mag wees, oortref dit nogtans nie nag langs die see nie. Die suising van golwe wat aangerol kom en dan met ’n plasgeluid op die strand opbreek. Sneeuwit skuimbolle om jou voete. Die dowwe geel liggies van visserskuite in die diep-water en die rooi en groen waarskuwingsligte op die hawemuur. Straatligte om die baai wat in lang wit strepe op die water weerkaats. Dis maar net my opinie, wat het jy te sê?

Vertel ons van jou gunsteling plek om die nag te beleef.

Vertel ons van ’n nag-ondervinding. Letterlik of figuurlik.

Bou ’n kortverhaal om die mooi of onheilspellendheid van ’n nag.

Skilder vir ons ’n nag-gedig.

Die nag is ’n tyd van liefde of ’n tyd van bloed. Dis ’n tyd van feestelikheid of ’n tyd vir spoke om te loop. Dis ’n tyd van samesyn of oordrewe eensaamheid.

Dalk het jy al lank terug die nag beskryf in ’n werkstuk. Gaan grou hom uit, stof hom af. Spoeg op hom en vryf hom blink. Dan plak jy hom hier op Woes vir almal om te geniet.

Ons wag.

Bos-groetnis.

Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Weerkaatsing van my hart

    deur Elzabe Young Heyns

    'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar