Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies se tema hierdie week is "Nuut" en nogal heel toepaslik  vir die Nuwe jaar ... en heelwat splinternuwe inspirasie. Geniet dit!

Die tema van Vandag in Woorde vir hierdie week is ‘NUUT’. Dis mos die begin van ’n nuwe jaar en meeste van ons het splinternuwe planne vir nuwe projekte, soos ons verlede week gehoor het met die opstel van nuwe voornemens.

Oor die Kers-seisoen het almal iets nuut gekry as geskenk. Sommige daarvan waardevol en ander net goed genoeg om sommer diep agter in die kas te gooi en daarvan te vergeet. Wat is die nuwe goed wat jy gekry het en kan jy dit darem gebruik? Vertel ons daarvan. 

Elke nuwe dag is die Heer se genade ook nuut en vars. Is dit hoe jy dit beleef?

Wanneer laas het jy ’n nuwe motor gekry? Is daar dan nou iets lekkerder as om die eerste keer in jou nuwe motor of bakkie te klim en daai reuk van nuut in te asem? Nuwe leer en nuwe matte en nuwe plastiek en rubber. Selfs die diesel of petroldampe is nuut. 

Wat van ’n nuwe horlosie of juweliersware? Mens kyk mos elke vyf minute op ’n nuwe horlosie. Het jy nuwe ‘blieng’ gekry?

Wat van ’n nuwe romanse? Hoe heerlik is daai lam knieë, ’n hart wat in jou keel klop en deurmekaar kop van nuwe liefde dan tog nie? Mens se eetlus neem skoon die wyk en vandaar die gesegde: ‘op liefde en koue water leef. Kom vertel ons van jou nuwe liefde. Ons belowe om nie uit te praat nie, njannies!

Verlede jaar hierdie tyd was my swaer op ’n waglys geplaas vir ’n nuwe hart, wat hy toe ook teen einde Maart gekry het. Dis ’n baie groot NUUT om van te vertel. Het jy dalk so storie?

Is daar ’n nuwe huis op die kaarte vir die toekoms of het jy dalk onlangs ingetrek?

Wat van jou nuwe ID-boekie of bestuurslisensie?

Jou nuwe haarstyl of kunsgebit?

Jou nuwe digbundel of roman?

’n Nuwe troeteldier dalk, of sommer ’n hele nuwe lewe?

Is daar ’n nuwe baba in die gesin of een oppad? Of dalk onthou jy vandag van ’n nuwe baba in die verre verlede waarvoor jy moes wag en dié word binnekort een en twintig jaar oud. Of een en veertig.

Skryf ’n nuwe gedig, kortverhaal, artikel of rubriek om vir ons te vertel van al die ‘nuut’ in jou lewe.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar